Low-Carb Beautiful glo gewigsverlies hoef nie moeilik of vervelig te wees nie. Ek help jou sodat jy ligter, gesonder en vol selfvertroue kan leef.
Ek is hier om jou lewe te verander. Met 15 jaar se ervaring in die leefstyl help ek jou stap vir stap. LowCarb in SA se resepte is nie noodwendig 'n Keto, Banting, Atkins, Paleo of enige ander soortgelyke dieet resep nie. Hierdie manier van eet is gebasseer op die verlaagte inname van koolhidrate wat suksesvol deur die skrywer gevolg word. Hoewel die meerderheid van LowCarb in SA se resepte voorde
lig en aanvaarbaar mag wees vir diabete, is die resepte nie geskryf met die oog op diabetes nie. U as diabeet moet self besluit wat toelaatbaar is vir u siektetoestand en wat nie. Indien u nie seker is nie, raadpleeg u dokter en pas dan die inhoud van hierdie resep dienooreenkomstig aan. Hoewel alle resepte in hierdie boek bestanddele met verlaagte koolhidrate bevat, is almal nie altyd geskik vir gewigsverlies nie, maar soms ook vir gewigsonderhoud (die tydperk wanneer jy reeds jou doelgewig bereik het). Alle resepte en inhoud word van regoor die wêreld verkry; die internet, tydskrifte, resepteboeke, ens. en word herverwoord en aangepas deur die skrywer vir Suid-Afrikaanse gebruik in maklike terme met bekostigbare bestanddele wat beskikbaar is by plaaslike winkels. LowCarb in SA waarborg dat geen een van ons resepte of inhoud ge“copy&paste” is van enige iemand anders se handewerk nie en dat al ons resepte en inhoud die werk van die skrywer self is. Alle grafika/fotos/illustrasies is nie die handewerk van LowCarb in SA nie (foto krediet aan die oorspronklike eienaar). Grafika/fotos/illustrasies is slegs vir voorstellingsdoeleindes en resultate van finale produk mag verskil. Dit is onmoontlik is vir LowCarb in SA om alle resepte self te skep en te toets, aangesien daar reeds so ’n masiewe verskeidenheid oraloor beskikbaar is, maar elkeen elkeen van ons resepte bevat die bewoording, unieke taalgebruik, kennis, navorsing en persoonlike ondervinding van die skrywer self.
18/11/2025
Vandag se gratis resep was CHERYLL SE VETVERBRANDER SOP. Sluit aan by ons privaat groep om die resep te kry in Afrikaans en Engels met net carb waardes! https://www.facebook.com/groups/840956453276193
22/10/2024
Dit is met spyt dat ek julle laat weet dat my splinternuwe rekenaar ge”crash” het na al die kragonderbrekings wat ons hier gehad het hierdie winter. Ongelukkig het ek nie ‘n backup gemaak nie, want dit is MOS ‘n nuwe rekenaar… Ek het besluit om eers ‘n breek te neem van die groepe en skrywery, aangesien ek nie weet of ek my data sal kan red wat op die rekenaar is nie en dinge net eenvoudig die heeltyd skeef loop. Ek sal weer terug wees later van tyd, maar vir nou is ek moedeloos en geirriteerd, en sal eers ‘n paar goedjies agtermekaar moet kry en sien wat my IT tegnikus sal kan red of nie. Geniet die heerlike somer weer wat ons nou het en sien julle so gou as moontlik weer. Groete en low carb liefde aan julle almal!
Be the first to know and let us send you an email when Low-Carb Beautiful posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.
LowCarb in SA volg 'n tipiese lae-koolhidraatdieet. Die tipiese lae-koolhidraatdieet het nie 'n vaste definisie nie. Dit verwys bloot na 'n dieet wat koolhidraatbeperk is. Hierdie manier van eet is geneig om laer in koolhidrate te wees en hoër in vet en proteïene as 'n tipiese kilojoule beperkte dieet. Dit bevat voedsel soos vleis, vis, eiers, neute, sade, groente, vrugte, volroom suiwel en gesonde vette. Die doel is om die inname van hoëkoolhidraatkosse soos graan, aartappels, drankies wat suiker bevat en gemorskos te verminder. Op hierdie dieet tel ons nie net-koolhidrate nie, maar eet van ‘n voorgestelde voedsellys en volg basiese riglyne. Net-koolhidrate kan egter getel word as jy nie die gewenste resultate behaal nie, of as jy maksimum gewigsverlies wil behaal en ook as jou gewigsverlies ‘n plato bereik. Daarvoor gebruik ons ‘n net-koolhidraat teller.
LowCarb in SA word bedryf deur, eienaar en stigter, Cheryll Swart wat ‘n gesertifiseerde Gesondheids en Voedingsafrigter is. Sy is konstant besig om haar kennis te verbreed met die nuutste inligting en kursusse, en doen tans haar Banting sertifikasie deur Real Meal Revolution. Cheryll is ‘n ervare “low carber” sedert 2010 nadat sy alle moontlike diëte sonder sukses probeer het. Low carb het haar lewe verander. Sy weet presies waardeer almal gaan en het self baie suksesvolle resultate behaal. Cheryll sal binnekort privaat aanlyn afrigtingsessies bied waar sy jou deur jou lae koolhidraat reis sal ondersteun met enige probleme wat jy mag ondervind. Haar visie is om sinvolle, vervullende ondersteuning te bied wat die lewens van ander aansienlik verbeter.
Nou beskikbaar is haar aanlyn klub waar jy teen R50 per maand of R500 per jaar kan aansluit. Die klub bied daaglikse lae koolhidraat artikels sowel as eenvoudig en bekostigbare resepte en maaltyd planne. Met elke nuwe artikel word daar ‘n epos kennisgewing aan elke lid gestuur met die nuutste onderwerp. Lede kan ook vir Cheryll persoonlik kontak indien hulle enige vrae het of raad benodig. www.lowcarbinsa.com
Teikengehoor: Suid-Afrikaners, Persone op 'n lae-koolhidraat dieet of leefstyl.
Vrywaring: Ons resepte word geïnspireer deur resepte regoor die internet, uit boeke en tydskrifte, sowel as ou familie gunstelinge. Ons waarborg elkeen van ons lede dat die resepte wat jy op hierdie blad vind, herbewoord en oorgeskryf word na ons eie persoonlike smaak en leefstyl (ons sal nooit “copy & paste” nie). Fotokrediet gaan aan die oorspronklike fotograaf en Lowcarb in SA neem geen krediet daarvoor nie. Ons is wel van plan om binnekort elke resep in ons eie kombuis te toets en ons eie fotos te neem deur ons eie fotograaf.
LowCarb in SA follows a typical low carb diet. The typical low carb diet does not have a fixed definition. It simply refers to a diet that is carbohydrate restricted. This way of eating tends to be lower in carbohydrates and higher in fat and protein than a typical kilojoule restricted diet. It contains foods such as meat, fish, eggs, nuts, seeds, vegetables, fruits, full cream dairy and healthy fats. The goal is to reduce the intake of high-carbohydrate foods such as grains, potatoes, sugary drinks and junk food. On this diet we don’t count net carbs, but eat from a suggested food list and follow basic guidelines. However, net carbs can be counted if you don’t achieve the desired results, or if you want to achieve maximum weight loss and also if your weight loss reaches a plateau. For that we use a net carb counter.
LowCarb in SA is run by, owner and founder, Cheryll Swart who is a certified Health and Nutrition Coach. She is constantly broadening her knowledge with the latest information and courses, and is currently doing her Banting certification through Real Meal Revolution. Cheryll has been an experienced low carber since 2010 after trying all possible diets without success. Low carb changed her life. She knows exactly what everyone is going through and has achieved very successful results herself. Cheryll will soon be offering private online coaching sessions where she will support you through your low carb journey with any issues you may experience. Her vision is to provide meaningful, fulfilling support that significantly improves the lives of others.
Now available is her online club where you can join for R50 a month or R500 a year. The club offers daily low carb items as well as simple and affordable recipes and meal plans. With each new article, an email notification is sent to each member with the latest topic. Members can also contact Cheryll in person if they have any questions or need advice. www.lowcarbinsa.com
Target Audience: South Africans, People on a Low Carb Diet or Lifestyle.
Disclaimer: Our recipes are inspired by recipes all over the internet, from books and magazines, as well as old family favorites. We guarantee each of our members that the recipes you find on this page have been re-worded and rewritten to our own personal taste and lifestyle (we will never “copy & paste”). Photo credit goes to the original photographer and Lowcarb in SA takes no credit for it. However, we intend to test each recipe in our own kitchen soon and have our own photos taken by our own photographer.