09/04/2026
๐๐๐๐ง๐ก๐๐ ๐ ๐๐๐๐ก๐ซ๐ก๐๐๐จ๐ก๐๐จ๐๐๐ฃ๐
Hierdie maalvleislasagne is ryk, sappig en smaalvol met spek, sampioene, โn heerlike sous en romerige witsous tussenin. Dis perfek vir โn gesinsete of vir wanneer jy vooraf wil kook.
Voorbereidingstyd: 20 minute
Kooktyd: 45โ50 minute
Totale tyd: 1 uur 10 minute
Porsies: 6โ8
๐ฉ๐๐๐๐๐๐
๐
๐๐๐:
๐๐ข๐ข๐ญ๐ท๐ญ๐ฆ๐ช๐ด๐ฎ๐ฆ๐ฏ๐จ๐ด๐ฆ๐ญ
1 kg maalvleis
200 g spek, in klein stukkies gesny
250 g sampioene, in skywe gesny
1 groot ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
2 eetlepels olie
2โ3 eetlepels Ina Paarman se Braai & Grill
250โ300 ml Miami Hammy Relish โ Smoky Barbecue
3 eetlepels tamatiepasta
1 koppie water
Sout en swartpeper na smaak
๐๐ช๐ต๐ด๐ฐ๐ถ๐ด
3 eetlepels botter
2 eetlepels koekmeel
1 eetlepel Maizena
3 koppies melk
๐๐ฆ๐ณ๐ฅ๐ฆ๐ณ
250โ300 g lasagnevelle
2โ3 koppies gerasperde Gouda kaas
๐๐ฉ๐๐ฅ-๐ซ๐๐ง-๐จ๐ฉ๐๐ฅ ๐๐ฃ๐จ๐ฉ๐ง๐ช๐ ๐จ๐๐๐จ
1. ๐๐ข๐ข๐ฌ ๐ฅ๐ช๐ฆ ๐ฎ๐ข๐ข๐ญ๐ท๐ญ๐ฆ๐ช๐ด๐ฎ๐ฆ๐ฏ๐จ๐ด๐ฆ๐ญ
- Verhit die olie in โn groot pan oor medium hitte.
- Braai die spek vir 2โ3 minute totdat dit begin gaar word.
- Voeg die ui en knoffel by en braai tot sag en geurig.
- Voeg die maalvleis by en braai tot dit mooi verbruin en gaar is.
- Voeg die sampioene by en kook nog 3โ4 minute.
- Voeg die Ina Paarman se Braai & Grill by en roer goed deur.
- Roer die tamatiepasta, Miami Hammy Relish en 1 koppie water by.
- Laat die mengsel vir 15โ20 minute prut totdat die sous lekker dik en geurig is.
- Geur met sout en swartpeper indien nodig.
2. ๐๐ข๐ข๐ฌ ๐ฅ๐ช๐ฆ ๐ธ๐ช๐ต๐ด๐ฐ๐ถ๐ด
- Plaas die melk en botter in โn groot mikrogolfvaste bak en verhit totdat die melk warm is en die botter gesmelt het.
- Meng die koekmeel en Maizena in โn aparte bakkie met โn klein bietjie melk tot โn gladde 'paste'.
- Voeg โn bietjie van die warm melk stadig by die paste en roer goed sodat daar geen klonte is nie.
- Gooi die mengsel terug by die res van die warm melk en roer goed deur.
- Sit dit terug in die mikrogolf en verhit vir 1 minuut op โn slag, roer elke keer goed.
- Herhaal totdat die witsous mooi verdik het.
3. ๐๐ข๐ฌ ๐ฅ๐ช๐ฆ ๐ญ๐ข๐ด๐ข๐จ๐ฏ๐ฆ
- Smeer โn dun lagie maalvleis onder in โn oondbak.
Pak dan die lae soos volg:
Lasagnevelle, Maalvleis, Witsous en โn bietjie gerasperde kaas, Maalvleis, lasagnevelle en laastens die Witsous met kaas bo-op.
- Maak seker die boonste laag het genoeg witsous en kaas sodat dit mooi goudbruin bak.
4. ๐๐ข๐ฌ ๐ฅ๐ช๐ฆ ๐ญ๐ข๐ด๐ข๐จ๐ฏ๐ฆ
- Bedek die oondbak met foelie.
- Bak teen 180ยฐC vir 30 minute.
- Haal die foelie af en bak nog 15โ20 minute totdat die lasagne goudbruin en borrelend is.
5. ๐๐ข๐ข๐ต ๐ฅ๐ช๐ต ๐ณ๐ถ๐ด
- Laat die lasagne vir 10โ15 minute rus voordat jy dit sny en bedien.
Dit help dat die lae mooi set en makliker bedien.
6. ๐๐ฆ๐ฅ๐ช๐ฆ๐ฏ ๐ฆ๐ฏ ๐๐ฆ๐ฏ๐ช๐ฆ๐ต
Bedien met:
- Knoffelbrood
- Groen slaai
๐ฅ ๐๐๐ฃ๐ :
Hierdie lasagne is selfs nรณg lekkerder die volgende dag, want die geure trek deur en word net al hoe lekkerder. Dis die tipe trooskos wat die hele huis heerlik laat ruik en almal tafel toe trek ๐
Kom kook saam en laat weet of jy dit net so baie geniet het!