Briekel met Benita

Briekel met Benita 🧶Briekel - waar brei en hekel ontmoet!
-ñ blad waar vrouens saam leer & gesels en mekaar motiveer!

Als brei en hekel verwant natuurlik...
Ek is ñ gewone vrou en mamma, met ñ passie vir brei en dalk ñ wol verslawing🫢🤩

18/05/2026

😍Oe, hierdie is net beautiful!!

🤍Hierdie klient het die Karoo Tweed wit wol gekies vir ñ serp bestelling, en ek het eerlik nie ged**k die kleur gaan so mooi uit kom nie!
🧣Dit was ñ voorreg om hierdie serp te Briekel - dis ñ geskenk wat Nieu-Seeland toe gaan!🤩🫶

🧶Stuur gerus vir my ñ boodskap indien jy ñ serp wil bestel. R300 uitgesluit PUDO koste, jy kies die kleur van jou keuse, en dit vat so 1 - 2 weke op die meeste!





16/05/2026

Hierdie is die eerste iets wat ek in my lewe probeer hekel... 🤪
Ek het as kind leer brei by my ouma, en blykbaar kon sy hekel ook maar ek onthou haar slegs met brei naalde in die hand.

Sedert ek leer "Briekel" het (Tunisian crochet), het ek toe mos gereken ek dan seker gewone hekel ook probeer? 😳

Ek LOVE dit! Super opgewonde vir hierdie projek... ek wil ñ blokkies trui maak.

Wat verkies jy?
Hekel , Brei of Briekel?

Wol: Pure gold van Elle Yarns

11/05/2026

Kom sit saam met my tossels aan hierdie beautiful blou serp... 😃🧣

😍Dit rond maar net ñ serp mooi af of hoe?

🤷‍♀️Verkies jy ñ serp met of sonder tossels?

Elle Yarns My WOOL Affair

Winter in die Vrystaat, wat kan nou beter wees... 🧶🔥🍷
06/05/2026

Winter in die Vrystaat, wat kan nou beter wees... 🧶🔥🍷

Een serp done & dusted💪🧶 3 to go... eks lekker besig op die oomblik met bestellings😃Hierdie Karoo Tweed wol van Elle Yar...
01/05/2026

Een serp done & dusted💪🧶 3 to go... eks lekker besig op die oomblik met bestellings😃

Hierdie Karoo Tweed wol van Elle Yarns is so sag, fluffy en dik. Ek love dit!
Sag op die vel ook, en bevat 10% Superwash Wool! 😍

Patroon: Tunisian Crochet waffle stitch by I Can Crochet That

🤩Ta Da!!!Ek kyk al maande uit na ñ gepaste wol kas, en laasweek toe loop ons toevallig een raak by ñ antieke winkel in P...
20/04/2026

🤩Ta Da!!!

Ek kyk al maande uit na ñ gepaste wol kas, en laasweek toe loop ons toevallig een raak by ñ antieke winkel in Parys! Teen ñ baie bekostigbare prys.

Ek moes hom natuurlik eers oor verf🥳😜
En ja, hy pas nie by my gang se geel nie... hy staan nog nie op die regte plek nie. Ons is besig met opknappings in die sitkamer en dus sal die kas skuif na sy gepaste plekkie toe asap...🫠

Al wat ek nou weet is, ek het definitief minder wol as wat ek ged**k het🤔 ek het nou plek vir nog baie😅😏

100% obsessed met hierdie nuwe wol reeks van Elle Yarns . Karoo Tweed!Pragtige kleure wat earthy, sag en stylvol is. Ek ...
16/04/2026

100% obsessed met hierdie nuwe wol reeks van Elle Yarns . Karoo Tweed!
Pragtige kleure wat earthy, sag en stylvol is. Ek is nie een vir bont wol nie, maar die tweed effek breek net so klein bietjie die soliede kleur, en dit love ek!

Olyfgroen projek: ñ Shawl wat ek brei.
Pink serp: TC Waffle stitch serp van I Can Crochet That

Hierdie wol is bekostigbaar en het ñ % wool in, so dis sag en voel duursaam.
Ek koop natuurlik by My WOOL Affair Parys aan. Maar dis landswyd beskikbaar asook aanlyn. Hulle maak ñ DK en Chunky variant.

15/04/2026

En ek is terug.... 🤩🥳🥳

Dis seker ñ jaar sedert ek laas gepost het, maar oh weë die TYD! Social media is ñ voltydse werk in my opinie 🫠

Maar ek is terug, met nuwe projekte, nuwe idees en ñ splinternuwe stel naalde! Kyk gerus die video om hierdie pragtige naalde te beleef😱

🧡💛💚💙💜🩷Hierdie was nou groot pret!Geen patroon en geen idee wat ek doen nie🫢... maar die Tunisian crochet waffle stitch w...
24/08/2025

🧡💛💚💙💜🩷
Hierdie was nou groot pret!

Geen patroon en geen idee wat ek doen nie🫢... maar die Tunisian crochet waffle stitch was vir my so mooi dat ek net iets prettigs daarmee moes doen 🤩

Lizéy weier natuurlik om in die publiek te verskyn met die truitjie, volgends haar gaan mense d**k sy kom van die sirkus af🎪🤣🤪🙈 maar dis mos nou hoe kinders is... nietemin het ek my gate uit geniet met die maak hiervan, en is ek baie impressed dat dit haar pas...

Wol vanaf: My WOOL Affair
Stitch: Waffle stitch of Google Bella Blanket.

Ek het die groot voorreg om die jaar 2 keer tannie te word! 👶👶Ek deel graag my baba kombersie vir die nuutste babatjie w...
27/07/2025

Ek het die groot voorreg om die jaar 2 keer tannie te word! 👶👶
Ek deel graag my baba kombersie vir die nuutste babatjie wat nou gebore word.

Ek het amper heel jaar gebrei hieraan. 🙈

Hier is wat ek geleer het:
🧶 Ek hou nie van dun wol & naalde nie, dit vat verskriklik lank.
🧶Ek hou NIE van ñ patroon waar mens in elke ry steke moet tel nie! Dit haal totaal die ontspanning van brei vir my uit.
🧶Ek gaan nie gou weer ñ fyn brei patroon aan pak nie...

So leer mens met elke projek iets.

Doen waarvan JY hou!
Maar wees oop vir nuwe patrone en tegnieke. Dit verbaas jou dalk net!

Ps. Die wol is baie sag, fluff glad nie en is bekostigbaar! ELLE PURE GOLD, gekoop by My WOOL Affair Parys. Perfek vir enige baba projek!

Address

Parys
9585

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Briekel met Benita posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share