Imperfect Grace Linen

Imperfect Grace Linen Linen, tablecloths, napkins, tea towels! Beautiful & Sustainable. Made in South Africa

12/06/2026

Vir diegene wat graag kook, bak, onthaal en skep 🥘

Ons voorskoot in natuurlike oat en olyf groen kleure kombineer praktiese gemak met tydlose eenvoud. Met sy ruim voorste sak en verstelbare bande is dit ontwerp om saam met jou deel te wees van die alledaagse oomblikke in die kombuis.

Of jy nou besig is om brood te bak, aandete voor te berei of vriende te ontvang, hierdie is een van daardie items wat net so mooi lyk as wat dit prakties is.

Beskikbaar aanlyn 🤍

10/06/2026

Imperfect Grace deur Elmarie Berry….

My linne reeks. My passie.

Dis waar alles begin het ✨

Nou beskikbaar aanlyn 🤍

09/06/2026

Daar is iets aan ’n sonnige wintersdag en vriende wat oppad is wat mens sommer lus maak om die tafel mooi te dek 🍽️
_b sal die eerste een wees om te erken dat die kombuis nie haar gunsteling plek is nie, maar wanneer dit by die dek van ’n tafel kom, kom sy behoorlik tot haar reg.

Vir hierdie tafel het ons ons 2 x 4m wit en oat tafeldoek gekombineer met servette uit die Bare Collection, ’n tydlose kombinasie wat sag, natuurlik en uitnodigend voel.

Ons reekse is beskikbaar op ons website - volg die link in ons bio 🔗

28/05/2026

._b hou van neutrale kleure en eenvoud om die tafel ✨

, aan die ander kant, hou van bont patrone, detail en tafels wat ’n storie vertel 🤍

Twee verskillende style, maar altwee met dieselfde liefde vir mooi tafels en betekenisvolle byeenkomste.

Nou wil ons weet…
Is jy meer Bare Collection of bont patrone?

Stem hieronder ⬇️

26/05/2026

‘n Herfstafel, gedek vir stadiger aande en warmer byeenkomste 🍂

Binne gedek, met ‘n warm tamatiesop wat stadig prut, warm brood, rooiwyn en goeie geselskap om die tafel.

Vir hierdie tafel het ons ons Charcoal Grace tafeldoek gekombineer met servette uit die Bare Collection, waar donkerder kleure en sagte natuurlike teksture saamkom om ’n tafel te skep wat tydloos en uitnodigend voel.

Beskikbaar op ons webtuiste. Link in bio 🔗

21/05/2026

Wat is die spesiaalste trousseau-stuk wat jy al ontvang het? ✨

So baie items word soveel meer as net mooi goed, dit dra stories, herinneringe en iets van die geslagte wat voor ons gekom het.

Kyk die “reel” vir ’n klein herinnering aan hoekom hierdie betekenisvolle stukke so kosbaar vir ons is.

Al ons 2 x 4m tafeldoeke en meer is beskikbaar op ons webwerf.

Link in bio 🔗

19/05/2026

A winter table, set for slower evenings and warmer gatherings 🕯️

For this setting, we combined our Charcoal Grace tablecloth with napkins from our Bare Collection, layering darker tones with soft natural textures to create a table that feels both timeless and inviting.

As the days grow colder, we find ourselves gathering indoors a little more often, around good food, candlelight and meaningful conversation.

Winter entertaining has a beauty of its own 🤍

Shop our collections via the link in bio 🔗

14/05/2026

Vir ‘n rustige herfsoggend het ons ’n Victoria sponge gemaak met botterroomversiersel en pere wat stadig in die pan gebraai is 🍐

Die perfekte ietsie vir ’n stadige oggend in die son, omring deur mooi detail en goeie geselskap.

Kayla het na my toe gekom met ’n visiebord vir die tafel, geïnspireer deur sagte herfskleure en ’n vars, elegante gevoel. Met wit, groen en sagte geel kleure, natuurlike teksture en ons 2 x 4m Classic Collection tafeldoek, het die visie op die mooiste manier tot lewe gekom.

Al ons 2 x 4m tafeldoeke en meer is beskikbaar op ons webwerf.

Link in bio 🔗

07/05/2026

Iets besonders is oppad ✨

Imperfect Grace stel nou unieke, persoonlike baba-kombersies bekend, met liefde en sorg gemaak om vir jare deel van klein herinneringe en groot oomblikke te wees.

Elke kombersie vertel ’n storie, en agter hierdie nuwe produk lê daar ook ’n baie spesiale inspirasie.

Kyk die hele video om te sien hoe die proses werk en wie hierdie idee geïnspireer het 🤍

Hierdie kombersies sal nie op ons webwerf beskikbaar wees nie, aangesien elke bestelling baie persoonlik en uniek saamgestel word. Bestellings sal slegs via DM gedoen word ✨

05/05/2026

Kayla het na my toe gekom met ’n visiebord, om die laaste sonnige dae ten volle te benut en ’n tafel buite te dek.

Met ons 2 x 4m Classic Collection wit en oat tafeldoek, my ouma se silwerware, vars groen uit die tuin en hierdie pragtige borde wat ons onlangs gevind het, het haar visie werklik tot lewe gekom.

Geniet die laaste sonnige dae, voor hulle skaars begin raak ✨

Al ons 2 x 4m tafeldoeke en meer is beskikbaar op ons website.

https://imperfectgrace.co.za/products/ivory-whisper

Address

Somerset West
7130

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Imperfect Grace Linen posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category