Liani Art

Liani Art Art that speaks from the heart to brighten up your day! Bright coloured paintings done with acrylics on canvass

FRESH FROM MY EASEL...AVAILABLE"self love, bold, bright, beautiful"70cm x 70cm Done in oilReady to hangPlease inbox or w...
18/02/2026

FRESH FROM MY EASEL...AVAILABLE

"self love, bold, bright, beautiful"
70cm x 70cm
Done in oil
Ready to hang

Please inbox or whatsapp 0662878331 me for more info

" We all look to the future to find a better life. Sometimes we have to look at the past, this is when we realize how far we have come. By making mistakes we grow wisdom. Looking back we are so often dissapointed in the choices we have made, but know it's okay. Sometimes the way forward comes from the light and lessons from behind....it made you strong, it made you wise, it made you the amazing you that you are today surrounded by beauty...Just surrender to the Lord and love yourself...❤️"

Where it all began...Fresh from my easelAVAILABLE"HARMONY"1m x 1mOil on stretched canvasReady to hangI courier worldwide...
18/02/2026

Where it all began...Fresh from my easel

AVAILABLE

"HARMONY"

1m x 1m
Oil on stretched canvas
Ready to hang
I courier worldwide

For more info please inbox or whatsapp 0662878331 me ❤️

"In nature the trees do not fight with the rocks, the water not with the sunlight . Everything grows and flows together, just like God intended us to do...Relax, go with the flow and know God has got you" ❤️

❤️Die HAND, die belt en die bos❤️Gister is ek bos toe. Bietjie af met myself. My mense kop is alweer soos herfblare in '...
07/02/2026

❤️Die HAND, die belt en die bos❤️

Gister is ek bos toe. Bietjie af met myself. My mense kop is alweer soos herfblare in 'n warrelwind...

Ek sukkel om te mens in die regte wereld. Behalwe al die ander dinge wat my kop besig hou met vrae sonder antwoorde wil ek so graag my boek klaar skryf. Gaan ek kan? Ek wil so graag al lank. Ek is bang. Gaan mense dit verstaan? Gaan ek rerig 'n verskil kan maak? Gaan ek ooit die son op die bosblare kan beskryf. Die toktokkie saam ouma op die grondpad of dalk net een persoon se seer half kan heelmaak? Ek wil eerder net wegraak in die bos. Die wereld raas en my ADHD is in hyperfocus mode.

Na een bos stap is ek nog nie reg vir die wereld se noise saam my kop sin nie.Ek vra vir liefste of ons asb net gou by nog 'n bos kan stop.

Gewoonlik is daar klippies, veertjies, vlinders as God se briefies en inspirasies aan my.

Vandag niks... is ek te greedy?

Net voor ons klaar maak hoor ek stemme. Ek draai om en sien so kort tannietjie en lang oompie woes aangestoom kom in die laatmiddag son. " Ons is laat, d**k julle ons gaan nog die hekke oopvang?"

Ek kyk op en sien die belt in die oom se hand. Dis vas aan die tannie se rugsak. Ek besef hy is blind. Hulle het 8km in die bos gestap. Oor boomwortels, los klippe, op/ afraendes. Bome wat geval het in die pad na die reen. Saam.

Hier staan ek. Voete sukkel oor een boomwortel op 'n slag vandag. En ek kan sien!!

Hulle vreugde, wees en vertrou, maak my skaam, stom, dankbaar, vol.

Die oom neem elke woord wat gese word met opregtheid in. Hy praat asof hy ons jare ken. Hy het nie oe om ons te judge oor hoe ons lyk nie. Hy hoor ons harte. Hy vertel van wat hy alles hoor en hoe hy die bos ervaar, met volle vertroue in sy vrou se spore wat syne word vinnig voor hom "Sy is regtig spesiaal" se hy....sy klap hom laggend en speels op sy maag...Ware liefde. Sag, eerlik

Hulle groet. Draf stap weer vinnig aan. Sy stop vir 'n oomblik by die mos op die klip, vat sy hand en laat hom voel. Saggies, geduldig, beleef hulle dit saam. Verskillende maniere maar met een taal.

'n Kort tannie en lang oom was vandag my briefie...

Onverwags. Perfect net soos Hy kan.

Ek lees dankbaar my bos briefie van God...

"Moenie bang wees of twyfel nie, maak jou belt vas aan MY. Relax jou "grip". EK hou jou reeds styf vas. Vertrou MY want ek is voor jou en weet lankal waarheen ons loop. Wanneer jy val gaan EK jou vang. Onthou EK het jou "anders" gemaak omdat ek d**k jy is perfek nes jy is. Jou hart en woorde maak saak. Al d**k die wereld soms anders..."

Terwyl ons klaar stap bid ek weer sag..." Here onthou my asb om my oe te gebruik om net mooi te soek in alles en almal. Nie net wat ek d**k ek moet sien of wat die wereld verwag ek moet sien nie.
Dat wanneer die wereld of ek lelik, rof of te veel raak ek sal onthou om eerder my oe bietjie toe te maak en opreg met my harr te luister na U, die mooi, die voeltjies en die wind..."

Blindelings, onkundig, bang opgewonde gaan ek aan skryf vanaand....

Miskien sal iemand tog saam my stop om die mos te voel in die bos, die toktokkie te hoor klop op die grondpad. Die son te sien skyn op bos blare...

Mag ons almal onthou om bos briefies te lees in ons eie bos...

Let the journey begin...

Dankie ook weer liefie vir al jou geduldige tree saam my om bosbriefies te gaan lees mag ons mekaar ook altyd vertrou in tye wat een blind voel ###

❤ADHD Fees van kerse en tyd❤My dierbare man (ek wou hom skei die vorige aand )🤣moes nou die oggend 2 uur opstaan en met ...
25/12/2025

❤ADHD Fees van kerse en tyd❤

My dierbare man (ek wou hom skei die vorige aand )🤣moes nou die oggend 2 uur opstaan en met my see toe ry. Ek moes van lamp p**l tot lamp p**l loop langs die see. Ged**k dit gaan my help om asem te kry en weer te probeer slaap.

Kersfees was nog altyd vir my stresvol. Jy moet ALTYD iemand teleurstel met jou afwesigheid. Dan voel ek ook natuurlik ek moet alleen die wereld red.Dis so deurmekaar. Mense met niks, niemand en die diere. Ai die diere!!!!

Ek hardloop gou by Checkers in. Wil net gou hondekos koop. Ek raak bang want dit lyk soos Covid tyd in die winkels. Mense koop mal, ek voel mal. Mis ek iets. Maak winkels nooit weer oop nie? 🤣

Terwyl ek sweterig, angstig in die drukgang staan till toe, kyk ek al die staff wat werk. Sommiges met smiles, sommiges net plein moeg en gatvol. Ek sou ook wees. Ek gryp 4 groot pakke cheap noname brand toffies. Die chocolates is almal uitverkoop. Die winkels is mos weg more. S**t.

Ek ruk die pakke toffies oop en begin uitdeel. Aan elke till persoon, pakker, slaghuis, deli, bakkery en sekuriteit mens. Ek wens dit was vakansies wat ek uit deel. "Merry Christmas en dankie dat julle hier is vandag sodat ons kan shop." Ek weet hulle het ook families, maar die mentaliteit is net "who cares, jou diens beter amazing wees want ons verdien dit. Ons is customers" Dankie Here vir toffies, Checkers mense en ander wat met ons entitled mense moet deal. Maak hulle menseharte asb ALTYD sterk.

Ons eet slaai en kouevleis by die skonies. Mengelmoes van mense. In die kar huistoe is my kop soos gewoonlik oorvol soos my maag. Kerfees kos doen mos net iets aan jou maag. Maar as daar net 'n klein gaste toilet is hou almal maar daai p**p in 🤣 en ry vinnig huistoe. Niemand p**p ook mos nou eintlik nie. Dis sonde in die sameleweing.

Oppad huistoe sien ek baie dinge. 'n Ou sit alleen by die asgate, een ou wat alleen visvang. Ek sien even 'n ou wat met 'n weedeater op die highway dans. Kids met vrolike Kersfees klere en trotse ouers.'n Verlore hond hardloop oor die highway en ek wil nie kyk as hy dalk raakgery word nie. Ek hou my oe toe, hy maak dit. Dankie tog!

My kop dwaal oor wat my oe als gesien het. Hoe sommiges se kerse helder brand, hoe ander feesvier vir die fees en ander net die tyd om wens. KERSFEESTYD. Almal mense wat verskillende spore loop. Soms op dieselfde plekke, net met ander voete, ander gedagtes en ander behoeftes.

Oukersaand sit ek en my gesin elkeen met 'n klein geskenke. Dis "by choice". Dit voel af want my jongste is die eerste Kersfees nie hier nie. Sy is al 'n jaar weg en ek is OOR dit. Dis af.

Ek besluit om die storie van Jesus se geboorte te lees en maak 'n video vir Liya my jongste, sodat sy deel kan wees van ons odd Kersfees.

Daar is net soveel versions van die storie wat ons almal ken. Ek soek 'n kinderverhaal dit is net makliker om te verstaan. Eenvoud is nog altyd my ding🤣 Ek lees die mooiste stukkie raak. Hoe Maria twee klein voeltjies geoffer het na Jesus se geboorte. Mens moes eintlik groter goed geoffer het in daai tyd om saak te maak, maar sy kon net 2 voeltjies doen. Dit was genoeg vir God.

Ek wonder toe maar net, hoeveel van ons sal regtig nog 2 voeltjies gaan soek om te offer?

Vir die volgende 365 dae tot die volgende Kerfeestyd gaan ek my bes probeer om my Kers aan te steek vir lig in donker tye, fees vier dat ek nog lewe en nog kan leer. Ek gaan tyd maak om voeltjies te soek. Al is dit kleintjies...KERSFEESTYD

Ek is ook weer herhinner dat ek nie 2 uur in die oggende lamp pale hoef te jaag om die wereld te red nie. Al wat ek moet doen is WEET dit gaan okay wees. God has got this too.

Nou ja...of dit die Checkers mense, die ongeskikte tannie wat betaal, die sekuriteit, die visvang ou, ons wat ons p**pe moet inhou, die ou op die ashoop, die weedeater ou, of jy is

Ons is almal reeds so bevooreg sonder/ met al die mensgemaakte fieterjasies, verwagtinge en stres...

❤Jesus is vir ons ALMAL gebore. Mag die engele sing HALLELUJA....❤ Ek wil sommer begin dans!

Mag ons spore tot volgende Kersfees meer MET mekaar loop as VERBY mekaar. Mag ons almal meer gee as verwag. Mag ons ander laat voel soos ons wil voel en ALTYD dankbaar wees. In goed en sleg ❤

Geseende Kerfees vir almal wat hier lees en die wat nie hier lees nie.
Dankie vir elke liewe een wat op my pad was, is en nog kom. Julle is kosbare geskenke ❤ Liani x

FRESH from my easel…🦋AVAILABLE🦋“Trust”70cm x 70cmMixed mediaReady to hangI courier worldwidePlease inbox or whatsapp 066...
14/12/2025

FRESH from my easel…🦋AVAILABLE🦋

“Trust”

70cm x 70cm
Mixed media
Ready to hang

I courier worldwide

Please inbox or whatsapp 0662878331 me

“Always look to the sun, trust in the Lord with all your heart and know that every season has a reason. Spread your wings and fly…” ❤️🌿

14/12/2025

Fresh from my easel AVAILABLE

“Blom engel”

60cm x 60cm
Olie
Reg om te hang

I courier wereldwyd

inbox of whatsapp 0662878331 my asb vir nog info ❤️

“Wees ‘n engel met blom vlerke. Share beauty and be the change tou want to see…”❤️

🦋❤️AVAILABLE❤️🦋“ALIVE”1m x 76cmDone in oilStretched canvas ready to hangI courier worldwide🌻For more info please inbox o...
03/12/2025

🦋❤️AVAILABLE❤️🦋

“ALIVE”

1m x 76cm
Done in oil
Stretched canvas ready to hang

I courier worldwide

🌻For more info please inbox or whatsapp 0662878331 me🌻

One of my all time favourites…

“🦋We all have dreams. Some come true and some don’t. Make the ones that do come true bloom with love, passion, joy and colour!! Remember that each sunrise and sunset is a new opportunity, not only to keep dreaming, but ALSO to be alive!! Find peace in where you are. Life is beautiful…❤️” What a gift!🦋

❤️🦋AVAILABLE🦋❤️“ALIVE”1m x 76cmDone in oilReady to hangI ship worldwideFor more info please inbox or whatsapp 0662878331...
02/12/2025

❤️🦋AVAILABLE🦋❤️

“ALIVE”

1m x 76cm
Done in oil
Ready to hang

I ship worldwide

For more info please inbox or whatsapp 0662878331 me ❤️

“We all have dreams. Some come true and some don’t. Make the ones that do come true bloom with love, passion, joy and colour!! Remember that each sunrise and sunset is a new opportunity, not only to keep dreaming, but ALSO to be alive!! Find peace in where you are. Life is beautiful…❤️” What a gift!

🦋AVAILABLE🦋“Self love” 60cm x 60cm on stretched canvasReady to hangDone in oilPlease 🙏🏻 inbox or whatsapp 0662878331 me ...
26/11/2025

🦋AVAILABLE🦋

“Self love”

60cm x 60cm on stretched canvas
Ready to hang
Done in oil

Please 🙏🏻 inbox or whatsapp 0662878331 me 🌿 for more info

“NEVER underestimate what you see in the mirror! Never be to hard on yourself. Without knowing it you might already have the wings to fly. Spread those wings, be courages, be free, know you are beautiful. Most importantly know that God’s timing and plan for you is always perfect…!!! ❤️

Bosluiskoors is nie vir sussies nie…Het uiteindelik weer bietjie krag om te begin verf. So stukkie, stukkie. Net bietjie...
24/11/2025

Bosluiskoors is nie vir sussies nie…

Het uiteindelik weer bietjie krag om te begin verf. So stukkie, stukkie. Net bietjie los te maak voor ek die ernstiger werke aanpak

Op my esel. Sy gaan beskikbaar wees sodra sy klaar is❤️

My whatsapp 0662878331

Vir amper 3 jaar stap ek elke naweek in die bos…Vir 3 jaar het ek al honderde bytmerke en skraapmerke gehad want ek MOET...
08/11/2025

Vir amper 3 jaar stap ek elke naweek in die bos…

Vir 3 jaar het ek al honderde bytmerke en skraapmerke gehad want ek MOET mos oral in. En dit was seker “bound to happen sometime…”

Twee weke terug slaan een klein donnetjie my met ‘n virus in sy bekkie en ek is “out for the count”. Net so skielik een middag. Was lanklaas so siek. Letterlik ged**k ek moet nou maar doodgaan. Wat ‘n aardige ding!

My liefste man het geweet dat daar net een ding is wat my vinniger sal gesond maak…

Hy het my gevat om die bos te gaan verf in die bos!! Wat ‘n ou darling. At least vir nou! 😂

Rustigste wat ek nog ooit was in die bos 🌿

Hulle se “slow en steady”, stadig oor die klippertjies. Al wat werk om die ding uit te kry.

Dankie Liewe Jesus, liefie, dankie kids, dankie woefs en dankie my bos…

Julle was en is my lifesavers. Julle is my asem❤️🌿🦋

Address

Mosselbaai

Telephone

+27727533805

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Liani Art posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Liani Art:

Share