07/09/2026
🚩 HESSEQUA HARMONIE FEES : Kunsuitstallings 🚩
23 - 26 September 2026
Heidelberg
🔶️ FORTÉ-uitstalling : 🔶️
" Glimlag in my Drome" deur Zelda Truter
ZELDA TRUTER se kleurvolle skilderye is propvol nostalgie en positiewe energie. Dit glimlag en nooi jou in vir vrolike gesprekke. Haar Suid-Kaapse landskappe met geel kanola-lande en rooi aalwyne is welbekend.
Heidelberg Hotel
Van Riebeeckstraat 48
23 - 26 September : 10:00 tot 17:00 ( Saterdag 10:00 - 13:00 )
Kom ontdek oorspronklike kuns!
🔸 ️6 uitstallings, 6 lokale! Die baie gewilde KUNSSTAP word weer aangebied. Kry jou kuns-paspoort en maak al 6 stempels bymekaar. Speel saam en soek die uitstallings/stempels met die hulp van Google-kaart op jou foon.
🔸 ️Hou sosiale media dop vir meer inligting oor elke uitstalling !!!!
🔸️ ️Toegang na al die kunsuitstallings is GRATIS !
Dis die klein fees met die GROOT hart ❤️
Sien die volle program hier: https://www.hessequaharmonie.co.za/program2026
Hessequa Municipality
Hessequa Tourism - The Explorer's Garden Route
Niël Rademan Produksies / Hessequa Harmonie