07/02/2025
Ds DaniΓ«l sΓͺ: GoeiemΓ΄re. " Never forget the difference you make." " Don't start your day with the broken pieces of yesterday. Every day is a fresh start.Each day is a new beginning. Every morning we wake up is the first day of our new life." Elke mens op aarde wat ooit gebore was en nog gaan word ,maak op sy of haar manier ,n verskil en n stuk persoonlike geskiedenis ,in n familie en gemeenskapsomgewing.Hoe lyk jou en my betrokkenheid, hoe ervaar mense jou elke dag ,watse karaktertrek gee ons deur elke dag ,na ander mense,hoe sien ons onsself, hoe sien ander mense ons ??? Hoe dit ookal daaruitsien ,hoop ek, ons almal maak tog n positiewe indruk,ja ek weet baie mense word gesien as n " disaster " n mislukking ,maar dit hang alles af vanuit watter oogpunt jy na mense kyk en daarin lΓͺ die kritiese oordeel en veroordeling, van ons as mense,ons hou daarvan om ons " piece of mind" te gee ,hard en duidelik ,soos n weerligstraal: wat die ander persoon reg in die middel deurslaan ,ons split letterlik mense se lewens met ons skerp tonge en selfvoldaanheid,maar Sondag vir Sondag ,sit ons die kerk,of gee ons voor ons is goeie christene,moet sΓͺ : die meeste van ons probeer darem om elke dag beter mense te wees,doen so voort en bid dat: Die Heilige Gees ons die insig sal gee.Ek weet dis moeilik as ek sΓͺ,moenie jou dag, met gister se gebreekte stukke van jou lewe begin nie,vandag is n nuwe dag,die stukke van gister sal altyd daar wees ,maar bou n brug en stap daaroor, begin elke mΓ΄re met n nuwe skoon " canvas" en verf jou nuwe dag met helder kleure ,rooi,pienk,pers,goudgeel, oranje, blou,groen,begin net om ten minste te verf,verf ,skilder jou nuwe dag met nuwe wense,nuwe keuses,nuwe ondervindings," The future belongs to those who sees possibilities " kyk vorentoe, glo in God en glo ook in jouself .As jy gedurig in jou verlede lewe ,gaan jy altyd tenagekom voel,jy is ingedoen,en jy gaan letterlik lewe in die swartgalligheid van onvergewingsgesindheid en uiteindelik verval jy in n diep depressie, waar niks vir jou die moeite werd voel nie en weet jy WAT,net jyself kan n keuse maak, om soos n pot vol slym te kook vir jare en vrot groen babbels te kook en " sulk" ΓF jy kan die slym uitgooi en n pot skoon water ingooi en jou vuilwasgoed skoon was.Lewe die lewe,hou op wroeg en indien jou omgewing jou vasdruk en vashou aan die verlede, hardloop weg na n nuwe omgewing ,waar jy met nuwe moed en ywer kan lewe,gaan niks help as jy jou vuil bondel wasgoed saamvat nie.Jy is n besonderse mens,God het jou lief en glo dit,doen jou bes,meer kan jy nie.Dum Vivimus Vivamus....terwyl ons leef laat ons leef.Carpei Diem....gryp die dag en maak hom mooi.Bitterheid en onvergenoegdheid is die euwel van die lewe" Laat alle oordeel aan My oor sΓͺ God Rom.12.Mooi loop,groete.