15/06/2026
Pragtige handgemaakte klere beskikbaar by vanjaar se Wintermark.
As daar iets is wat nooit uit die mode gaan nie, is dit kwaliteit handewerk wat met liefde gemaak is. By hierdie stalletjie kry jy pragtige handgemaakte items wat jou kinders snoesig warm gaan hou hierdie winter.
Van gemaklike hoodies en sagte kombersies tot oulike klere vir die poppe – hier is iets besonders vir elke kleinding.
Kom ondersteun plaaslik en ontdek die sorg en vakmanskap wat in elke item ingaan.
Die Proteahoogte Wintermark vanaf 26 Junie tot 4 Julie 2026
Weeksdae: 10h00 – 19h00 en Saterdae: 09h30 – 15h00
NGK Proteahoogte, 75 Heuwelstraat, Brackenfell, 7560