24/09/2026
Dis koud winderig en reën hier by ons. En my asma bors is ook nie lekker nie. Wat doen jy lê en word beter. O Nee ek is glad nie so nie, ek gaan na die een plek wat my gelukkig maak. My craft kamer. Hier is die goed wat my gelukkig maak. Ek kon een kas regpak. En ja ek het label masjiene en 'n cricut, maar wat werk die vinnigste masking tape en' n swart maker, werk perfek. Wat maak julle gelukkig as julle sleg voel?