22/06/2025
BINNEVERSIERING KLASSE EN VERSKILLENDE CRAFT WERKWINKELS
Whatsapp Madie by 079 850 8001 met enige navrae
Ek glo elkeen van julle weet alreeds wie ek is, maar ingeval iemand nog nie weet nie, gaan ek my gou voorstel aan julle almal... my naam is Madeleine (Madie) en ek is die moederhen van Nici (Nici-Lene Accessories, Gifts and Decor).
Een van my lekkerste tydverdrywe op 16 was om my kamer se meubels te skuif en mooi te maak... nou dat ek daaraan d**k, my ma hoef nooit met my te baklei het om my kamer aan die kant te maak nie. Sy was 'n voorslag vrou op haar dae en ek glo dit is waar my voorliefde vir binneversiering vasgelê was.
Ekself was nog nooit 'n "craft workshop" mens nie. Ek het my algemene kennis opgedoen deur my ornamente te omskep in nuwe stukke wanneer ek my huis mooi gemaak het. Ek het besef dat "keycoat" 'n wonderlike middel is en vir meer as net teëlwerk handig is. So het die verwer wat polifilla met verf meng om dit sterker te maak, my ook 'n nuwe idee gegee. My koperlamp het n nuwe sement "look" gekry en na 10 jaar nog nie lelik geraak nie.
Ek het vroeër jare in Upington baie muur verftegnieke gedoen. Deesdae het ek die mure verruil vir meubels.
Ek sien baie uit na hierdie nuwe uitdaging. My hartswens is dat ek 'n werkswinkel sal kan aanbied waar almal tuis en gemaklik sal voel. Ek gaan net 6 persone per klas inneem, sodat ek genoeg tyd sal kan hê om mense wat nie so kunstig en kreatief is nie, by te staan.
Indien jy van nog vriendinne weet wat sal belangstel, stuur asb hul naam en selnommers sodat ek hul by die groep kan voeg.
Ons gaan heerlik speel, maar ek glo ook nuwe vriendinne leer ken en saam groei.
Geniet julle dag,
Madie.