10/09/2026
Ek moes die afgelope tyd ’n klein tree terug neem van Heirlooms om persoonlike redes. 🤍
Soms vra die lewe dat ons vir ’n rukkie stadiger gaan, asem skep en ons aandag gee waar dit op daardie oomblik die nodigste is.
Maar Heirlooms is steeds hier — en ek beoog om binnekort weer terug te wees met nuwe, mooi vondse wat wag om deel te word van ’n nuwe huis en ’n nuwe storie. 🌿
Baie dankie aan elkeen wat steeds hier is, wat ’n boodskap stuur, ’n item deel of eenvoudig aanhou volg. Julle ondersteuning beteken opreg baie vir my.
Ek sien uit daarna om binnekort weer saam met julle mooi ou dinge met nuwe oë te ontdek.
Heirlooms at Casa de Nitas
Style that brings back memories. 🤍