13/01/2026
Wat is ware bekering? Mens d**k net om vergifnis te vra is genoeg om jou lewe reg te lewe. As jy jou lewe begin lewe vir God en in Sy Waarheid in kom, dan sal jou lewe spreek van bekering. Jou lewe, jou dade sal wys dat jy regtig n lewe leef van bekering. Die vrug van n mens wat bekeer het is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
As jy bekeer het en jou vrug, jou dade is glad nie enige een van die vrugte nie, dan het jy mos nie waarlik bekeer nie, maar jy wil nog jouself verlustig in die dinge van die vlees, die wĂȘreld se goed. Ek weet dit is moeilik om altyd vriendlik te wees, bly, liefde te toon aan mense wat jou bitte baie seermaak, n onreg aan doen, maar dit is moontlik. Wanner jy in n posisie geplaas word waar jy glad nie enige een van die vrugte kan wys nie, of selfs jou standaarde te bly breek, jou beginsels wat jy gestel het verloor is dit tyd vir jou om weg te kom van wat okal jou pad hinder en weg te breek, verwyder jouself van daai pad, verwyder jouself uit daai mense se lewens. Soos dit gese word in engels: The Proof is in the pudding. Waar is jou bewyse kan mense sien in jou dade jou optrede dat jy goeie vrugte dra, die goeie vrugte van die Heilige Gees.
Ons d**k dit is nie maklik nie, maar onthou als wat jy hier op aarde beleef en deurgaan is als wat Jesus deur gegaan het en selfs meer en onthou dieselfde Gees wat in Jesus is, is dieselfde Gees wat in jou, my en almal is, die Gees van God wat ons almal lei. Die enigste verskul tussen my, jou en ander is gaan jy kies om gehoorsaam te wees aan God se Gees, die Heilige Gees of gaan jy ingee vir jou vlees en gaan jy sonde geniet wat jou, jou siel gaan kos, jou kroon.
Ons is so maklik om te se God ken ons harte en ons is net mens, maar as jy bly kies om daai sonde te doen, met daai sonde te speel, jouself te verlustig in die vrugte wat niks te doen het met die Heilige Gees nie, vrugte soos die werke van die vlees naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid, afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap, afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge. Hierdie dinge moet jy as bekeerde mens weghardloop van as enige persoon jou gebind hou aan enige van die vrugte moet jy daai persoon verwyder uit jou lewe. Moenie toelaat dat enige iemand jou pad met God hinder nie. Moenie die duiwel n houvas gee nie, kies om weg te draai van daai sondes en breek vry van dit. Moenie toelaat dat kwaad, woede, haat in ander jou vrede steel nie. Maak reg met God voor dit te laat is, almal d**k hul het baie tyd en kan nog hul lewens eers geniet en dan later by God uitkom, nee dit is nie hoe dit werk nie, ons ken nie die uur nie. Weet jy wanner jou lewe gaan eindig nee, dalk word jy nie mĂŽreoggend wakker nie en dan is dit te laat.
Kies vandag gaan jy regmaak met God en n bekeerde lewe begin lewe en eendag saam Hom wees of gaan jy aangaan soos jy doen en eendag in die hel brand, ek weet nie van jou nie maar om n ewigheid van brand en pyn in n vuur te ervaar is iets wat ek nie wil beleef en ervaar nie. Gaan sit en d**k hoe dit voel en ek hoop dit laat jou tweekeer d**k en draai jou lewe na God toe.
Gal 5:16 Maar ek sĂȘ: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; (17) want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. (18) Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie. (19) En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; (20) afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; (21) afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sĂȘ, soos ek al vroeĂ«r gesĂȘ het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beĂ«rwe nie. (22) Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. (23) Teen sulke dinge is die wet nie. (24) Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. image