Ons spesialiseer in Afrikaanse joernaalbladsye en efemera, en voorsien papier- en joernaaldinge – veral aan beginners. • FEITLIK ALLES WORD TUISGEMAAK DEUR MY. Wanneer my persoonlike voorraad opgeraak het, is dit op. Papierpret hoef nie ‘n mens platsak te maak nie. As jy glo in “iets uit niets”, is daar ‘n plekkie by Pampierewiet vir jou bespreek. Ons maak spesiale voorsiening vir die beginner mor
sjoernaalskepper wat min voorraad het en nie baie wil spandeer om aan die gang te kom nie; ook vir diegene wat nie spasie het om voorraad te skep nie, bv, geen plek om bladsye te kleur nie.
• Behalwe Afrikaanse joernaalbladsye en efemera – wat skaarser is as hoendertande – dra ons ook ‘n groot voorraad Engelse papierbronne. Dui asseblief duidelik aan of jy AFRIKAANS, DEURMEKAAR of ENGELS wil hê wanneer jy bestel. [Hou asseblief in gedagte dat “Afrikaanse bronne” ook Nederlands en Duits, asook inheemse tale, insluit.]
• Kontak: Kontak my asb. indien jy enige vrae of versoeke het, hetsy via Messenger of Whatsapp. Ek het nie selontvangs nie en Whatsapp Calls werk nie altyd goed nie, maar stem- en ander boodskappe werk goed. [0827799390] E-posse sal my altyd bereik. [[email protected]] Gebruik asb. die Messenger-funksie, veral indien jy opmerkings of voorstelle wil maak wat net vir ons ore bedoel is. Indien jy nie gelukkig is met ons diens of iets anders nie, maak asseblief kontak d.m.v. Whatsapp: Gebruik gerus die Whatsapp-knoppie. Ek is meestal binne Wi-Fi bereik, maar het geen selontvangs nie. BESTELLINGPROSEDURE:
Jy laat weet vir my watter produkte jy wil hê (dit help baie as jy die katalogusnommer kan gee); ek stuur vir jou 'n faktuur; jy deponeer en ek stuur jou bestelling, hetsy digitaal of fisies.
• Betalings en versending: Op hierdie stadium gebruik ons EFT’s; sodra jou betaling in ons bankrekening wys, word die artikel versend via Pep Stores se Paxi-diens. beteken ‘n wagtydperk van ten minste 7 tot 9 dae (R60) of 3 tot 5 dae (R100).
• Digitale Papierpakke:
Digitale Papierpakke word in PDF-formaat versend sodra jou betaling in ons bankrekening verskyn. Die kleur van afgedrukte digitale ontwerpe mag verskil van dié op die rekenaarskerm a.g.v. verskeie faktore, waaronder die soort drukker, ink en papier wat gebruik word. Beste resultate sal waarskynlik verkry word met dikker gehalte papier, m.a.w. 120 – 160 g, asook deur tee- of koffiegekleurde papier te gebruik. Maak maar seker dat jou drukker se kleurink ten minste halfvol is. Digitale papierpakke wat jy vanaf Pampierewiet aankoop, mag jy gebruik vir items wat jy wil verkoop; jy mag egter nie die ontwerpe of stelle gebruik as direkte verkoopsmateriaal nie, dus die ontwerpe uitknip en verkoop; of die velle met ontwerpe net so verkoop of deel maak van ‘n digitale of papierstel wat jy verkoop nie. Jy mag ook nie die ontwerpe (digitaal of andersins) gratis aan vriende, familie en ander versprei nie. Dit sal oneties wees en onregverdig, aangesien baie, baie ure spandeer word om hierdie ontwerpe te skep.
• Pasellas
Pasellas (“freebies”) sal soms aangebied word en jy is welkom om dit af te laai en te gebruik. Al die reëls i.v.m. onetiese verspreiding en misbruik daarvan geld ook hier. ANDER INLIGTING:
Alle lap- en kantvoorraad is ouer as 20 jaar, dus antieksjiek ("vintage"). Die meeste papierbronne is vanaf 50 tot 150 jaar oud.
• Lapmonsters sal nie een kleiner as 5x5 cm wees nie; indien wel, sal dit gratis ingesluit wees.
• Praat gerus oor jou voorkeure. Ek mag dalk kan help.
• Alle bladsye word gemaak en verskaf met A5 joernaalgroottes in gedagte, m.a.w. ‘n A4-vel in 2 gedeel, wat dan ‘n dubbelbladsy in ‘n A5-joernaal sal vorm. Ek werk net met A4-velle. As jy tot hier gelees het: My naam is Nellie; aangename kennis.