21/09/2026
Erfenisoggend by Die Dorps Padstal — R69 ’n bord
Donderdag beweeg vlotte en die optog deur Water straat en Breë straat. Kom sit by ons. Kyk uit op die straat. Wag tot die fees by jou aankom.
Die Dorps Padstal is een van die punte waar plaaslike kunstenaars deur die dag roteer en kom sing. Jy eet en kuier, hulle speel. Die dorp loop verby.
Ons braai nie die oggend nie. Ons sit erfenis voor.
Pap. Biltong. Skilpadtjies. Kaiings.
Dis die smaak van die plaaskombuis — die vet, die sout, die tradisionele mieliepap waarmee ’n dag begin het. Ons topverkopers van ouds, nou weer op die bord, met ’n Dorps Padstal-twist.
Enige van die erfenis-ontbytborde R69.
By die tafel: koffie, ’n glas wyn, ’n koue bier of ’n ligte cocktail — as jy lus is.
Kom sit. Kom proe. Kom beleef wat ons altyd was.
19 Water straat, Parys
Erfenisdag & Parys 150