01/09/2023
Hawermout Crunchies
2 koppies hawermout
250g botter
1 koppie suiker
1 eetlepel stroop
1 koppie meel
½ teelepel soda
1 koppie klapper
Smelt botter en stroop. Voeg koeksoda by. Voeg al die droë bestanddele by en bak vir 20 minute teen 180'C grade. Sny in blokkies.
Bron: Onbekend Koeke-Kyk-Resep - 17 November 2017
~
Vla koekies
375g botter
250ml strooi suiker
2 x eiergele
15ml vanilla essence
750ml koekmeel
100ml vla poeier
knippie sout
Room die botter en strooisuiker. Voeg die Eiergeel een op 'n salg by en roer goed deur elke keer. Voeg die Vanilla geursel by
Sif die meel, vlapoeier en sout saam. Voeg by die botter mengsel. Druk deur 'n koekie drukker. Bak 10-15 minute by 180*C. Verkoel en versier na keuse.
Bron: Marieta van Bladeren Koeke-Kyk-Resep
Lekker Braai RSA