10/03/2026
*GELEEN*
'n Pragtige stuk om te lees.
Ek sit by die vulstasie. Dis 'n maand soos enige ander, en ek besef: iewers gaan ek hierdie maand kort kom.
Petrol is nie my enigste probleem nie—alles kort...
Kos, krag, medies, versekering, my humeur, my geduld… álles is op ‘n stadium op _empty._
En as ek nou vol maak, raak iets anders leeg.
So, hoe kies ek?
Waar trek ek die lyn?
Wat is prioriteit?
Die joggie steek sy hand uit en vra: _“Do you want to pay?”_ Maar my brein hoor: _“Do you want to pray?”_
Iets in my breek.
Ek vat sy hand en begin bid.
Vir my eie leë tenk, ja, maar ook vir almal anders wat hierdie maand moet kies: vir dié wie se finansies kort is, wie se huwelike op rooi staan, wie se geloof dun gesmeer is soos laaste bietjie botter op ‘n stuk brood. Vir die ou wat sterk moet wees, maar net moeg is.
Hy sê "Amen" saam. Ek kyk hom verbaas aan. Hy glimlag flou. "My tenk was ook op empty vandag," sê hy.
Ek ry daar weg en iets ín my voel voller.
Hoe lank kan jy op _fumes_ ry? Ons almal probeer. Soveel mense ry op hul laaste _fumes,_ hopend dat hulle nog nét ‘n paar kilometer gaan hou voor alles tot stilstand kom.
Hoeveel keer het jy al gesê, "Ek is oraait," terwyl jy eintlik op breekpunt is?
Hoe lank kan jy op ‘n emosionele reserwe leef?
Op ‘n geestelike tekort?
Op ‘n bankbalans wat skree?
Dis ‘n leë tenk wat motors tot stilstand ruk.
Nie ‘n oorlaaide een nie.
Dit is nie die petrol ín die kar wat jou laat staan nie, dit is die afwesigheid daarvan.
📖 *Matthéüs 11:28*
Afrikaans 1933/53
_"[28] Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee."_
Maar hoe baie van ons ry verby die Een Pomp waar jy régtig kan volmaak?
Ons jaag, ons _worry,_ ons brand uit… en dan blameer ons God wanneer die enjin vasslaan.
Wat is jou _go-to_ pomp? Ek is eerlik: baie keer soek ek my _refuel_ by die verkeerde plekke. Sosiale media vir ‘n bietjie aandag, Netflix vir ‘n vinnige ontsnapping, ‘n glas wyn vir ‘n _chill_ oomblik...
Maar dáái goed is soos water in ‘n petroltenk.
Dit voel reg op die oomblik, maar dit vat jou nêrens.
📖 *Jeremia 2:13*
Afrikaans 1933/53
_"[13] Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen: My, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie."_
Jy sien, daar is ‘n verskil tussen 'n plek wat jou volmaak en ‘n plek wat net jou dors les. Wat gebeur as jy nie volmaak nie?
Ek ken ‘n tannie wat ‘n ou Corolla gery het. Daai kar het haar deur dik en dun gedra. Maar sy het nooit betyds petrol ingegooi nie. Sy't altyd gedink, "Ek sal môre volmaak." Totdat die enjin een dag permanent sê, "Dit is nou kláár!"
Ons harte werk dieselfde. Wanneer jy geestelik leeg is en nie volmaak nie, begin jý die prys betaal.
Jou geduld raak kort, jou drome verloor momentum, jou huwelik voel soos ‘n besigheidstransaksie, jou kinders kry net ‘n moeë weergawe van jou. Jou geloof? Wél, dit begin kraak soos ‘n waterbak wat nie meer kán hou nie.
'n Bietjie petrol is nie genoeg nie. Iemand het eenkeer gesê: _"You can't run a full-time calling on a part-time prayer life."_
Hoe baie van ons probeer dit?
Ons gooi net ‘n bietjie geestelike petrol in wanneer ons ‘n noodstop móét maak.
‘n Goeie kerkdiens nou en dan, ‘n vinnige gebed, 'n dagstukkie hier en daar...
Maar dit is nie genoeg vir die langpad nie.
Dis hoekom Psalms 23 sê: "Hy maak my beker vól."
Nie half nie.
Nie net-net nie.
VÓL.
Wáár maak jý vol? Ek het ‘n ou gesien met ‘n dieselbakkie wat per ongeluk petrol ingegooi het. Arme man moes sy hele enjin laat leegmaak. Party van ons probeer dieselfde met ons siele—ons gooi goed in wat ons nie gemaak is om op te ry nie. Ons smeer ‘n pleister oor ‘n oop smetterige wond en hoop dit gaan hou.
Maar as jy regtig vol wil wees—siel, gees, emosies—dan moet jy jou kar by die Regte Pomp stop.
Maak vol in gebed.
Maak vol in die Woord.
Maak vol in gemeenskap met mense wat jou groei bevorder.
Maak vol by die Een wat nooit leeg raak nie.❤️🙏
Iets wat iemand virb my gestuur het. Ek deel dit ook met jou.🥰 *Maak jou tenk Vol*