26/12/2025
Met swaar harte, en ná baie gebede en oorweging, deel ons dat ons ná byna drie kosbare jare die moeilike besluit geneem het om ons deure permanent te sluit.
Hierdie winkel was soveel meer as net ’n besigheid.
Dit was ’n plek waar ek net kon wees.
Waar ek kon asemhaal.
Waar ek uiteindelik myself kon wees.
Elke hoek dra herinneringe van bloed, sweet en trane, maar ook van hoop, groei en liefde.
Uit die diepte van ons harte sê ons dankie aan elkeen wat by ons ingestap het, vir elke aankoop, elke glimlag, elke mooi woord en elke bietjie ondersteuning. Dit het alles vir ons beteken.
’n Baie spesiale dankie aan my ongelooflike personeel, wat ek met my hele hart vertrou het. Julle het hierdie droom saam met ons gedeel!
Bo alles dank ek God vir die geleentheid om hierdie droom te kon leef. Al was dit kort, was dit kosbaar. Ek sien met opgewondenheid uit na wat Hy volgende vir ons beplan.
Alle kliënte wat steeds wag vir bestellings sal persoonlik gekontak word. Wees gerus, alle uitstaande bestellings sal afgehandel word.
Ons Middelburg-winkel bly steeds oop en staan gereed om al ons kliënte met dieselfde uitsonderlike diens te bedien.
Tot ons mekaar weer ontmoet, dankie dat julle deel was van ons storie 🤍