Hannah Kook

Call Directions

Hannah Kook My liefde vir kos kom van my skoonma, Rita. Daar is min dinge wat mense so om ’n tafel kan saambring soos lekker kos.

Ek maak graag eenvoudige, eerlike kos ek gebruik geen spoggerige bestanddele of geurmiddels nie, net goeie kwaliteit produkte. A stay-at-home mom... Super excited about all the new opportunities...

I am married and I have two beautiful boys... Family is important to me and by working from home, I am able to spend more time with people who are important to me. I am totally passionate about my work and love interacting with clients...

Thank you for supporting my business.

❤️ ’N PERSOONLIKE BOODSKAP VAN HANNAHHannah Kook is en was nog altyd ’n plek waar ons kos, resepte, kookwenke en die lek...
17/10/2026

❤️ ’N PERSOONLIKE BOODSKAP VAN HANNAH

Hannah Kook is en was nog altyd ’n plek waar ons kos, resepte, kookwenke en die lekkerte van saam eet deel. Ek wil graag hê dit moet so bly. Ek wil nie hê hierdie blad moet ’n liefdadigheidsblad word nie.

Maar soms kom daar ’n storie oor jou pad wat so swaar op jou hart lê dat jy eenvoudig nie kan wegstap nie. Hierdie is een van daardie stories.

Vandag wil ek julle vra om saam met my ’n Afrikaanse gesin te help wat deur baie moeilike tye gegaan het en alles verloor het. Ons wil graag die gesin en hul tiener se privaatheid beskerm en deel daarom nie hul name of foto’s nie.

Daar is darem ’n stukkie goeie nuus. ❤️ Ná ’n lang tyd van onsekerheid het die pa werk gekry. Hy het verlede week by sy nuwe werk aanmeld. Dit bring nuwe hoop vir die gesin, maar sy eerste salaris sal eers teen die einde van die maand betaal word.

Intussen is daar dringende nood.

Die gesin se tiener is tans in ’n baie moeilike posisie. Hulle het gehoor dat hy nie na die skoolkoshuis mag terugkeer indien die uitstaande koshuisgelde nie betaal word nie. Ons kon al vir hulle geld kry, maar ons kort nog R11,000 net om die vorige kwartale se koshuisgelde te dek en hom toe te laat om terug te gaan.

Ek dink aan die enorme spanning en onsekerheid wat dit vir ’n jongmens meebring, veral so naby aan die einde van die skooljaar, wanneer daar nog soveel is om af te handel en voor te berei.

’n Tiener behoort op hierdie stadium van sy lewe op sy skoolwerk, sy toekoms en die normale uitdagings van grootword te kan fokus — nie op die finansiële probleme van sy gesin nie. Ons wil graag help om van hierdie las van sy skouers af te haal en hom die geleentheid te gee om sy skooljaar so goed moontlik te voltooi.

Maar dit is nie al waarmee hierdie gesin worstel nie.

Die ma het vroeer die jaar uitgevind dat daar twee groeisels op een van haar organe is. Die gesin is reeds twee maande agter met hul mediese fondsbetalings, en dit is belangrik dat sy toegang tot die nodige mediese sorg behou.

Ná jare se finansiële swaarkry sedert COVID het hulle hul meubels en besittings verloor. Hulle sukkel met agterstallige verblyfkostes en moet nou probeer om ’n nuwe begin te maak.

Die pa se nuwe werk bring hoop, maar die gesin moet ’n geskikte, gemeubileerde woonstel nader aan sy nuwe werk kry. Die koste van ’n nuwe woonstel, insluitend ’n deposito van twee maande en huur, maak dit ongelooflik moeilik om weer op hul voete te kom.

Hulle probeer. Die pa het werk gekry. Hulle wil vorentoe beweeg en weer ’n stabiele lewe opbou. Maar voordat die eerste salaris inkom, het hulle dringend hulp nodig om deur hierdie krisis te kom.

Ek weet daar is baie mense en gesinne wat self swaarkry. Ek weet dat die lewe soms finansieel oorweldigend kan wees en dat nie almal die vermoë het om te help nie.

Maar as jy wel iets kan bydra, vra ek jou om dit asseblief te oorweeg. Elke bydrae, groot of klein, kan help om hierdie gesin deur die volgende paar weke te dra.

Ek vra nie dat een persoon alles moet dra nie. Ek vra dat ons as ’n gemeenskap saamstaan en elkeen help soos ons kan.

❤️ Alle donasies word deur Fill A Tummy, ’n geregistreerde NPO, hanteer. Ons wil graag hierdie gesin help om die uitstaande koshuisgelde te betaal, toegang tot noodsaaklike mediese sorg te behou en weer ’n veilige en stabiele tuiste te vestig.

Hierdie is my laaste dringende pleidooi om hulp vir hierdie gesin.

As jy finansieel kan help, sal ons dit opreg waardeer. As jy nie finansieel kan help nie, deel asseblief hierdie plasing. Iemand in jou vriendekring kan dalk die persoon wees wat vandag ’n verskil kan maak.

Ek weet Hannah Kook gaan oor kos. Maar kos gaan ook oor liefde, omgee, saamstaan en seker maak dat mense nie alleen deur moeilike tye hoef te gaan nie.

Ek glo dat ons soms op ’n plek geplaas word waar ons die antwoord op iemand anders se gebed kan wees.

Vandag hoop ek dat ons as ’n gemeenskap vir hierdie gesin daardie helpende hand kan wees. Kom ons help ’n tiener om terug te gaan koshuis toe. Kom ons help ’n gesin om weer op hul voete te kom. Kom ons gee hulle ’n bietjie asem en nuwe hoop. ❤️🙏

━━━━━━━━━━━━━━

❤️ DONASIES

Rekeningnaam: Fill A Tummy NPC
Bank: CAPITEC BUSINESS
Rekeningnommer: 1052301959
Rekeningtipe: Transact / Savings
Takkode: 450105

⚠️ Kies asseblief die CAPITEC BUSINESS-rekeningopsie.

Verwysing: KrugerGesin

Baie dankie aan elkeen wat bereid is om te help, te deel en saam om te gee. Elke bydrae en elke deel word opreg waardeer. ❤️🙏

🐟 VISPASTEI – NOT! 😂My man het as kind grootgeword met ’n dis wat hulle by die huis VISPASTEI genoem het. Maar moet asse...
16/10/2026

🐟 VISPASTEI – NOT! 😂

My man het as kind grootgeword met ’n dis wat hulle by die huis VISPASTEI genoem het. Maar moet asseblief nie dat die naam jou flous nie, want dit is alles behalwe ’n vispastei! 😂

Ek het al probeer om die naam te verander en dit ’n Tuna Pasta genoem, maar nee! Tot vandag, as ek maar weer hoor, praat pappa en die seuns van Ouma se VISPASTEI!

So, ek het moed opgegee! Vandag deel ek ons Hannah Kook se VISPASTEI–NOT! 🤣

Nou moet ek julle iets vertel. Ek is NIE ’n tuna-liefhebber nie. Elke keer as ek dink ek moet hierdie dis maak, rebelleer alles in my! Ek kan aan ten minste tien ander geregte dink wat ek eerder sal wil eet!

Maar dan gee ek in. My kinders is mal daaroor, my man het daarmee grootgeword en is dol daaroor, en aan die einde van die dag sit ek saam met hulle en eet dit. En weet julle wat? Dit is eintlik nogal lekker! ❤️

Dit is ’n maklike, vinnige aandete wanneer jy iets lekker op die tafel wil sit sonder te veel moeite.

🐟 BESTANDDELE

• 500 g pasta van jou keuse (macaroni, skulpies, skroewe of enige ander pasta wat jy in die kas het)
• 2 blikkies tuna in pekelwater
• 1 groot ui, fyn gekap
• ’n Bietjie botter om die ui in te braai
• 1 blik geroomde suikermielies (opsioneel)
• Gerasperde kaas vir bo-oor

Vir die witsous:
• 45 g botter
• 45 g koekmeel
• 750 ml melk
• Sout en swartpeper na smaak
• ’n Handvol mozzarellakaas (opsioneel)

👩‍🍳 METODE
1. Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie. Terwyl die pasta kook, kan jy solank met die tuna begin.
2. Kap die ui fyn en braai dit in ’n bietjie botter in ’n pan tot sag en goudbruin.
3. Voeg die twee blikkies tuna, saam met die pekelwater, by die gebraaide ui. Ek gooi nie die pekelwater weg nie, want ek glo dit gee ekstra geur aan die gereg. Die tuna is reeds gaar, so jy hoef dit nie lank te kook nie. Meng dit net goed deur en laat dit warm word.
As jy geroomde suikermielies wil byvoeg, kan jy dit nou inmeng.
4. Sodra die pasta gaar is, dreineer dit in ’n vergiettes. Gooi die pasta terug in die pot waarin dit gekook het, sonder die kookwater.
5. Voeg die tuna-en-uimengsel by die pasta en meng alles goed deur. Só keer jy dat die pasta aan mekaar vaskleef terwyl jy die witsous maak.
6. Skep die tuna-pastamengsel in ’n groot oondvaste bak wat groot genoeg is vir al die pasta en sous.
7. Maak nou die witsous. Smelt die botter in ’n kastrol en roer die koekmeel by. Kook vir ongeveer ’n minuut terwyl jy aanhoudend roer. Voeg die melk geleidelik by en klits totdat jy ’n gladde sous het. Laat die sous oor matige hitte verdik terwyl jy gereeld roer. Geur met sout en swartpeper.
8. Vir ’n ekstra kaasgeur kan jy nou ’n handvol mozzarellakaas by die warm witsous roer en laat smelt.
9. Giet die witsous oor die pasta en meng alles liggies deur sodat die sous lekker tussen die pasta versprei.
10. Strooi ’n lekker laag gerasperde kaas bo-oor en bak teen 180 °C totdat die kaas gesmelt en goudbruin is.

Sit warm voor saam met ’n vars groenslaai.

En daar het julle dit! Geniet die naweek!!

🍕🥟 Dit is Vrydag en Vrydae is 'n lui kosmaak dag in Hannah se kombuis...Vandag wys ek julle hoe ek pizza en pasteie vir ...
16/10/2026

🍕🥟 Dit is Vrydag en Vrydae is 'n lui kosmaak dag in Hannah se kombuis...

Vandag wys ek julle hoe ek pizza en pasteie vir my kinders maak. Dis lekker om 'n paar in die vrieskas te hê vir daardie dae wanneer jy vinnig iets moet voorsit of iets vir die kosblikke nodig het!

🥕 En my geheime bestandeel vandag? VERBORGE GEHEIME GROENTE!

Vandag gebruik ek fyngedrukte, gaar botterskorsie, maar jy kan ook wortels gebruik.

Kom ek vertel gou eers hoe ek die PIZZAS maak:
Ek meng die 'ge-mashde' groente met 'n bietjie tamatie pasta sous — jy kan klaargemaakte sous gebruik of jy kan jou eie maak.
Die botterskorsie of wortels (watookal jy kies om te gebruik) gee die sous 'n heerlike, effens soeter smaak, en die kinders kom glad nie eers agter daar is ekstra groente in nie! 😉

Smeer jou Tamatie sous met groente oor jou pizzabasis, voeg ham, Vienna-worsies of enige bolaag wat jy in die yskas het by, en strooi Mozzarella, Cheddar, Gouda of enige kaas wat jy beskikbaar het bo-oor.

🥟 En nou die PIZZA-PASTEIE:
Vir die pasteie meng ek alles eers saam in 'n mengbak: my tamatie-en groente basis, gekapte Vienna-worsies, ham, salami of enige ander stukkies en happies wat ek in my yskas het. Daarby voeg ek ook 'n handvol Mozarella kaas asook Cheddar of Gouda kaas...

Onthou vir pasteie moet die vulsel goed koud wees. Ek gebruik nou 'n roomyslepel om die vulsel af te meet. So kry al my pasteie dieselfde hoeveelheid vulsel en is hulle ewe groot!

Ek gebruik klaar gekoopte skilferkorsdeeg soos TODAY. Ek skep lepels vol van die vulsel in, vou die pasteie toe en dan is hulle gereed om te bak.

Die pasteie op die foto is my gewone grootte, maar jy kan hulle ook kleiner maak as mini-pasteie — dit is perfek vir die kinders se kosblikke!

Pizza Pastei vulsel voorstelle vir kinders:
Die SOUSBASIS bestaan uit: Tamatie-en-groentesousbasis met genoeg Mozzarella en Cheddar/Gouda-kaas.

🍕 Pizza-pasteitjies: Vienna-worsies, opgesny, saam met die SOUSBASIS.
🍝 Bolognese-pasteitjies: Gaar maalvleis saam met die SOUSBASIS.
🐩Brakkies: Cheese grillers, opgesny, saam met die SOUSBASIS.
🧀 Ham-en-kaas-pasteie: Gekapte ham en kaas saam met die SOUSBASIS.
🌽 Cheesy corn-pasteie: Soetmielies, gerasperde kaas en fyngedrukte blomkool.
🥩 Biltong-pasteie: Fyn biltong, tamatiepasta en kaas.

Die lekkerte is dat jy die vulsel kan aanpas volgens wat jy in jou yskas het. Maak 'n paar verskillende soorte en vries dit vir daardie dae wanneer jy vinnig iets vir die kinders nodig het! ❤️

Ek deel graag vandag met julle 'n Piesang Brood resep wat olie gebruik in plaas van botter.Dit is nie my eie resep nie -...
15/10/2026

Ek deel graag vandag met julle 'n Piesang Brood resep wat olie gebruik in plaas van botter.

Dit is nie my eie resep nie - ek het dit jare gelede op Lekker Resepte vir die Jongergeslag!!!!!!! gekry... 'n blad wat ek baie geniet en waar ek al heerlike resepte en praktiese idees gekry het...

PIESANGBROOD MET OLIE
2 koppies koekmeel
1 teelepels bakpoeier
2 eiers
1 koppie suiker
½ teelepel sout
4 fyngedrukte piesangs
½ koppie olie
1 teelepel vanilla geursel
½ koppie melk + ¾ teelepele koeksoda – nie afgeskraap

Belangrik: Voorverhit oond tot 150 ˚ C.

Klits die eiers en suiker saam.
Voeg olie, vanilla geursel en sout by.
Voeg koekmeel en bakpoeier by.
Meng melk en koeksoda, en voeg bietjie-vir-bietjie by die mengsel.

Voeg piesangs by en meng goed.

Gooi in gesmeerde broodpan.

Bak vir ’n uur.

Hierdie piesangbrood bly regtig tot 'n week heerlik vars as gevolg van die olie! In ons huis hou hy so 'n dag omdat dit heerlik klam is!

WENK:
Het jy nie oorryp piesangs om Piesangbrood te bak nie? Geen probleem... Hoe om piesangs in die oond ryp te maak

Voorverhit jou oond tot 150°C.

Plaas die ongeskilde piesangs op ’n bakplaat wat met bakpapier of foelie uitgevoer is. Die piesangs kan geel of selfs effens groen wees.

Bak vir 15–30 minute, afhangende van hoe ferm die piesangs is.

Hou die piesangs dop totdat die skille baie donkerbruin of swart word. Die piesangs behoort dan sag te voel.

Haal die piesangs uit die oond en laat hulle afkoel totdat jy hulle veilig kan hanteer.

Trek die skille af, skep die sagte piesangvleis uit en druk dit fyn voordat jy dit by jou piesangbroodmengsel voeg.

’n Klein wenk: Moenie bekommerd wees as die skille heeltemal swart word nie! Dit is presies waarna jy soek. 🍌

Ek kyk nou 'n video clip op FB van 'n vrou wat sop maak en dit herinner my...My ma het altyd alles wat in die sop kom ge...
15/10/2026

Ek kyk nou 'n video clip op FB van 'n vrou wat sop maak en dit herinner my...

My ma het altyd alles wat in die sop kom gerasper... die uie, die wortels en die aartappels... en dan natuurlik was daar haar sop vleis wat sy net so ingegooi het... Sy het graag ertjie sop gemaak... dan het sy ook 'split peas' bygevoeg...

My man hou (ongelukkig) nie van ertjie sop nie... So, ek maak graag net lekker groente sop.

Ek onthou eendag moes ek sop maak en my rasper was nerens te vinde nie... EN ek was super haastig...

Ek het gou my vleis gebraai in die pot, ek het uie in kwarte gesny en my aartappels en wortels sommer net afgeskil en net so heel ingegooi! 'n Uur later terug by die pot het ek die heel aartappels en wortels gou uitgehaal en sommer met 'n vurk 'ge-mash'... Dit het so vinnig gegaan... Van toe af is dit die eniste manier hoe ek nou sop maak...

Alles behalwe die uie word heel ingegooi en dan later met 'n vurk fyn gemaak! Dit werk (VIR MY) wonderlik! Is ek die eniste een wat dit doen?

13/10/2026

EDIT: Ongelukkig kon ons nie genoeg doen om te help nie. Die skool het gister laat weet dat die tiener nie na die koshuis mag terugkeer nie. 💔

My hart is stukkend, maar ek gaan nie ophou probeer nie…

As daar nog iemand is wat wil help, gaan kyk asseblief na my plasing waarin ek hulle storie vertel het. Enige hulp, hoe klein ook al, kan dalk steeds ’n verskil maak. ❤️

❤️ Ons het vandag die 8,000 kerf van lede verby gesteek!

En om hierdie mylpaal van 8 000 lede in hierdie groep te vier, wil ek graag iets teruggee aan hierdie wonderlike gemeenskap. En ek kan aan geen beter manier dink as om saam te probeer om ’n Afrikaanse gesin te help wat ’n tweede kans so bitter nodig het nie.

Lees asseblief my plasing van gister - ek deel die skakel hier:
https://web.facebook.com/share/p/1FpqzVRKPz/

Kom ons kyk wat ons saam kan vermag. 🙏❤️

Vandag wil ek graag my Purity Pere-varktjops resep met julle deel...Ja, julle het reg gelees! Varktjops gemaak met net e...
13/10/2026

Vandag wil ek graag my Purity Pere-varktjops resep met julle deel...

Ja, julle het reg gelees! Varktjops gemaak met net een 125 ml-potjie Purity Pere!
Jy is dalkies bietjie ‘geskok’, maar probeer dit gerus – dit is heerlik!!! 😍

🍐 Wat het jy nodig?

🥩 Varktjops
🧅 Uie
🍐 125 ml Purity Pere
🧂 Sout en swartpeper (volgens smaak)
💧 ’n Bietjie water

Só maak ek dit:

Geur jou varktjops met sout en swartpeper. Braai dit mooi bruin in ’n pan en haal dit dan uit die pan.

Sny jou uie en braai dit in dieselfde pan. Voeg ’n skeut water by om al daardie heerlike bruin stukkies onder in die pan los te maak. Dis waar baie van die geur lê!

Sodra die uie mooi bruin gebraai is, sit jy die varktjops terug in die pan en skep die uie bo-oor die vleis.

Nou kom my klein geheim! 🍐 Neem jou Purity Pere en gooi dit oor die varktjops en uie.

Gooi water in dieselfde Purity-glashouertjie, maak dit toe en skud dit goed om elke laaste bietjie van daardie heerlike peerpuree los te kry.

Gooi dit ook in die pan. Niks gaan verlore nie! 😄

Sit nou die deksel op en laat alles vir ongeveer 40–45 minute oor die laagste hitte stadig prut, of totdat die varktjops sag en gaar is. Voeg ekstra water by indien nodig.

En daar het jy dit! Sagte varktjops met ’n heerlike, subtiele soet smaak van die pere. ❤️

Sit dit voor saam met kapokaartappels, rys of enigiets wat jy byderhand het.

En weet julle wat ek hiervan hou?

Jy hoef nie duur s***e of ’n klomp spoggerige bestanddele te koop nie. Purity Pere word van eenvoudige bestanddele gemaak – pere, water en ’n bietjie suurlemoensap, soos aangedui op die verpakking.

Soms kom die lekkerste etes uit die eenvoudigste idees. Jy moet net ’n bietjie anders dink!

PS... EN NOU ’N GROOT VERSOEK! ❤️

Vanoggend het ons die 8 000-volgerkerf verbygesteek! 🥳 Ek is so opgewonde en ongelooflik dankbaar vir elkeen van julle!

Maar ek wil julle ook graag na my vorige plasing verwys:
👉 https://web.facebook.com/share/p/1DsnCSdXrW/

Ons sperdatum vir die betaling van die tiener se koshuisgeld is vandag om 13:00. Ons wil asb hom nie deur die vernedering sit dat hy gehaal moet word omdat sy ouers nie kan betaal nie...
Ons het reeds twee skenkings ontvang, en ek glo met my hele hart dat ons nog hulp kan kry.

Dalk lees jy hierdie plasing en jy is in ’n posisie om te help. Of dalk kan jy nie self ’n bydrae maak nie, maar is jy bereid om die plasing te deel.

Elke bydrae, hoe klein ook al, en elke deel kan ’n verskil maak.

Kom ons probeer saam om hierdie doelwit te bereik. 🙏❤️

Baie dankie aan elkeen wat reeds gehelp het en aan almal wat hierdie boodskap verder sal versprei.

Saam kan ons dalk net die verskil maak wat hierdie gesin so dringend nodig het. ❤️

Nie so lank gelede nie, het ek vertel dat hierdie groep aan die begin van September ongeveer 3 000 lede gehad het. Ek wa...
12/10/2026

Nie so lank gelede nie, het ek vertel dat hierdie groep aan die begin van September ongeveer 3 000 lede gehad het. Ek was so opgewonde!

September en sover ook Oktober het ongekende groei getoon...

Ek EDIT nou hierdie stukkie op 13 Oktober om 12:05:
Ons het deur die 8 000-kerf gebreek!!!! ❤️

Ek is ongelooflik dankbaar teenoor God vir die manier waarop Hy hierdie groep seën. Ek is lief vir wat ek doen, en een van die mooiste dinge van hierdie pad is die besonderse mense wat ek ontmoet...

Een van hulle is Simone, wat die NPO 'Fill A Tummy' bestuur. Sy help ongeveer 77 gesinne maandeliks deur kospakkies te voorsien. Kyk net watter verskil kan een mens se omgee maak!

Vandag wil ek ’n gesin se storie met julle deel. Dit is ’n Afrikaanse gesin wat deur baie moeilike tye gegaan het en alles verloor het. Ons wil graag hulle en hul tiener se privaatheid beskerm en deel daarom nie foto’s of name nie.

Gelukkig het die pa werk gekry en hy moet eerskomende Vrydag by die kantoor aanmeld. Dit bring nuwe hoop, maar sy eerste salaris sal eers teen die einde van die maand betaal word.

Intussen is daar dringende nood.

Vrydag het hulle gehoor dat hul tiener môre, Dinsdag, uit die skoolkoshuis moet gaan indien die uitstaande koshuisgelde nie betaal word nie.

Die gesin is ook twee maande agter met hul mediese fondsbetalings. Die ma het onlangs uitgevind dat daar twee groeisels op een van haar organe is, en dit is noodsaaklik dat sy toegang tot mediese sorg behou.

Hulle sukkel met agterstallige verblyfkostes en die finansiële las van ’n nuwe begin ná jare se swaarkry sedert COVID. Hulle het hul meubels en besittings verloor en moet ’n geskikte, gemeubileerde woonstel nader aan die pa se nuwe werk bekom. Die koste van hierdie nuwe begin, wat 'n twee maande deposito en huur behels, maak dit vir hulle amper onmoontlik om op te staan.

Ek weet vir 'n feit dat hierdie gesin vanaand en totdat hulle die woonsteldeposito en huur kan betaal, geen verblyf het nie.

Toe ek hul storie hoor, het my hart swaar geword. Nie omdat hulle nie probeer nie, maar omdat ’n mens soms, selfs wanneer jy alles in jou vermoë doen, net ’n helpende hand nodig het om weer op jou voete te kom.

❤️ Kan ons, as ’n gemeenskap van amper 8 000 mense, hierdie gesin ’n tweede kans gee? Ek weet daar is baie, baie nood daar buite...

Maar kan ons help om ’n tiener in die skoolkoshuis te hou? Kan ons die pa help om deur die volgende paar weke te kom totdat sy eerste salaris inkom? Kan ons hierdie gesin help om hul waardigheid te behou en weer met hoop vorentoe te kyk?

Enige bydrae, groot of klein, kan ’n verskil maak.

Alle skenkings word deur Fill A Tummy hanteer. Kwalifiserende skenkings kan moontlik vir ’n Artikel 18A-belastingaftrekbare kwitansie kwalifiseer, onderhewig aan SARS se vereistes.

Dit kan ook vir besighede ’n geleentheid wees om ’n betekenisvolle bydrae te maak, met die toepaslike belastingvoordele waar van toepassing.

As jy nie finansieel kan help nie, deel asseblief hierdie plasing. Iemand anders kan dalk help.

Ek glo ons kan ’n verskil maak. Ek glo dat ons hierdie gesin saam kan help om weer hul voete te vind.

En bo alles glo ek dat God ons soms op ’n plek plaas waar ons die antwoord op iemand anders se gebed kan wees.

🙏 Kom ons laat hierdie byna 8 000 lede tel. Kom ons gee ’n gesin weer hoop. ❤️

━━━━━━━━━━━━━━

DONASIES

Rekening Naam: Fill A Tummy NPC
Bank: CAPITEC BUSINESS
Rekeningnommer: 1052301959
Rekeningtipe: Transact / Savings
Takkode: 450105

⚠️ Kies asseblief die **CAPITEC BUSINESS**-rekening opsie.

Verwysing: KrugerGesin

Baie dankie vir elkeen wat help, deel en saam omgee. ❤️

My man is baie lief vir 'n pastei met skilferkorsdeeg bo én onder. Ek het al probeer om hom met 'n potpastei tevrede te ...
11/10/2026

My man is baie lief vir 'n pastei met skilferkorsdeeg bo én onder. Ek het al probeer om hom met 'n potpastei tevrede te stel, waar daar net 'n deegdeksel bo-op is, maar nee, hy verkies sy deeg reg rondom! 😂

Die probleem is dat TODAY se skilferkorsdeeg nogal duur kan wees as dit nie op spesiale aanbieding is nie. En ek vind TODAY se skilferkorsdeeg maar die beste.

So, kom ek wys vir julle hoe ek dit regkry om deeg bo én onder te hê deur net een rol te gebruik.

Ek rol nie my deeg ekstra dun uit nie, want ek wil nie die lekker skilferlae verloor nie.

Ek vou die deeg heeltemal oop en plaas my koue vleisvulsel in die middel.

Dan sny ek die kante van die deeg in stroke en vou én strek dit oor die vulsel, sodat die pastei bo én onder met deeg bedek is.

Op hierdie manier kry my man sy pastei met deeg reg rondom, en ek gebruik net EEN rol skilferkorsdeeg!

Dis dalk 'n klein besparing, maar wanneer ons elke dag probeer om ons begroting te laat klop, tel elke bietjie.

Hierdie pastei op die foto's is 'n hoenderpastei. Kom ek vertel gou hoe ek dit maak.

Ek gebruik hoenderfilette, fyngekapte ui en twee Knorr-hoenderaftrekselblokkies.

Ek braai eers my ui tot sag. Dan voeg ek die hoender by en laat dit lank kook totdat ek dit maklik met 'n vurk uitmekaar kan trek.

Al wat ek vir geur byvoeg, is Ina Paarman's Kitchen se Braai and Grill speserye, 'n bietjie ekstra sout (proe maar volgens smaak) en twee Knorrox-hoenderblokkies.

Om my vulsel verder te laat strek, voeg ek ook een of twee aartappels by. Ek kook dit sag en druk dit fyn met 'n bietjie van die hoenderaftreksel. Soms voeg ek ook roomsoetmielies by.

Ek voeg geen ander room of romerige s***e by nie. Ek hou dit eenvoudig, en dit is regtig heerlik! Die aartappels gemeng met die aftreksel en hoender gee dit 'n heerlike klam tekstuur.

Maar ek stop nie daar nie. 😉

Die hoenderaftreksel wat oorbly, word die basis van nóg 'n ete!

Ek gebruik 'n bietjie van die hoender en voeg nog 'n blikkie geroomde suikermielies by om 'n lekker hoender-en-mieliesop te maak. Hier kan jy ook aartappels saamkook en 'mash' om dit 'n heerlike dik voedsame sop te maak.
PS. Ek vries soms oorskiet kapokaartappels wat ek in soppe gebruik...

Nou meng ek ook 'n pakkie Knorr-hoendersoppoeier met water en voeg dit ook by om die sop te vermeerder.

En siedaar! Nog 'n ete uit dieselfde bestanddele.

❤️ Geloof, Meel en die 1ste Pastei…Elke besigheid het 'n begin. Myne het begin uit 'n behoefte om 'n ekstra inkomste vir...
10/10/2026

❤️ Geloof, Meel en die 1ste Pastei…

Elke besigheid het 'n begin. Myne het begin uit 'n behoefte om 'n ekstra inkomste vir ons gesin te verdien.
Ek het begin deur pasteie te bak, en later het quiches ook deel van my storie geword.

Wat begin het as 'n manier om ekstra geld in te bring, het my geleer dat 'n mens soms met ietsie kleins, vanuit jou eie kombuis, 'n nuwe geleentheid kan skep.

Kom kuier saam met my op Saterdag, 31 Oktober, in Stellenbosch, waar ons nie net idees en stories gaan deel nie, maar ook saam gaan leer hoe om pasteie te maak. Ons gaan twee verskillende vulsels voorberei!

Kom ons leer by mekaar, moedig mekaar aan en ontdek nuwe geleenthede...

🎉 VANDAG, 10 Oktober, SE 'Early Bird' 🐦 spesiale aanbod!
Bespreek én betaal vandag jou kaartjie en betaal slegs R150 in plaas van R175!

📅 Saterdag, 31 Oktober
⏰ 10:00–12:30
📍 Stellenbosch (presiese adres sal gedeel word sodra ons die getalle bevestig)

☕ Tee, koffie, vrugtesap en pasteie sal saam geniet word.

📲 Besprekings via WhatsApp: 066 117 3820

Address

Pretoria

Telephone

+27661173820

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hannah Kook posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share