Haplief

Haplief Kos soos skoonma Rita my leer maak het... I am totally passionate about my work and love interacting with clients...

Thank you for supporting my business.

A stay-at-home mom... Super excited about all the new opportunities...

I am married and I have two beautiful boys... Family is important to me and by working from home, I am able to spend more time with people who are important to me.

Elke Koekie Vertel ’n StorieVan delikate waterverf-landskappe en natuurkuns tot speelse kindertemas en elegante vierings...
30/05/2026

Elke Koekie Vertel ’n Storie

Van delikate waterverf-landskappe en natuurkuns tot speelse kindertemas en elegante vieringskoekies – elke bestelling word met aandag aan detail en ’n liefde vir mooi vakmanskap geskep.

Kontak ons vir meer inligting….

WhatsApp 0661173820

19/05/2026

Vandag gebruik ek julle bietjie as my proefkonyne 😄

Ek fokus die laaste ruk bietjie meer daarop om "content" te skep op my Haplief-blad, en hierdie is eintlik my eerste video clip met stem, klank en musiek...

Ek het besluit om sommer ’n handige kombuiswenk te deel wat ek by my suster geleer het — sy doen dit heeltyd, en elke keer wanneer ek onthou om dit self te doen, wonder ek hoekom ek dit nie meer dikwels doen nie 😅 Dit maak ’n reuse verskil om my kombuis bietjie skoner en meer georden te hou wanneer ek kos maak!

Miskien help hierdie wenk sommige van julle ook 🌿

So hier gaan ons… my eerste behoorlike Facebook video clip! 😄

Ek het verlede week ietsie gelees wat my nogals laat d**k het:“Jy kry net 1 somer met jou baba…3 somers met jou kleuter…...
16/05/2026

Ek het verlede week ietsie gelees wat my nogals laat d**k het:

“Jy kry net 1 somer met jou baba…
3 somers met jou kleuter…
7 somers met jou laerskoolkind…
en 5 somers met jou tiener…
… en dan… dan sprei hulle hul vlerke… universiteit… die grootmenslewe… dalk eendag oorsee werk…
Wie weet wat die toekoms inhou…”

Nou kyk, ek weet nie van jou nie, maar wanneer ‘n mens deur moeilike seisoene gaan, raak jy só besig om net te probeer cope, dat jy later net fokus op die taak voor jou en op dit wat jy elke dag moet doen om deur te kom!

Wel, dit was verseker vir my so met my Haplief.

Vir die afgelope paar jaar was daar baie stres, baie druk en baie lang dae in die kombuis. Alles moes betyds wees. Alles moes perfek wees.
En teen die einde van die dag was ek eenvoudig net te moeg.

Selfs die etes wat ek net vir ons as gesin gemaak het, het ek dikwels haastig klaar gemaak.

Nie omdat ek wou nie…
maar omdat ek bloot net te moeg en uitgeput was na ’n lang Haplief dag om nóg lank tyd in die kombuis vir ons gesin te spandeer.

En wanneer mens in daardie tipe oorlewingsmodus leef, is daar nie altyd ruimte vir klein handjies wat help roer, meng of saam bak nie 😊
En ek moet eerlik wees…
Ek was so skuldig hieraan.

Maar ek het onlangs ’n baie bewustelike besluit geneem om my kinders meer te betrek. Om tyd te maak om saam te doen in die kombuis. Om herinneringe te bou 😊

So gisteraand het ons pizza gemaak 🍕

Sommer maklik.
Ek het gewone brooddeeg by Checkers gekoop, ’n blikkie Miami Boerie relish, en verder sommer net bakkies volgemaak met alles waarvan ons hou:
Vienna worsies, gebraaide spek, gekarameliseerde uie (gemaak met balsamiese asyn en bruin suiker), sampioene, piesang (ek is mal oor ‘n spek en piesang pizza) en dan natuurlik lekker baie kaas (ons het gouda en mozzarella kaas gehad).

Gisteraand het elkeen sy eie pizza uitrol en gemaak presies soos hy daarvan hou 😊
Dit was eenvoudig.
Dit was ongekompliseerd.
Maar dit was kosbare tyd saam as gesin.

En ek d**k dis hierdie klein oomblikke wat ons eendag die meeste gaan onthou 🍕

Nadat ek nou die dag ’n klein stukkie van my storie hier op Facebook gedeel het met die sop-plasing, het ek ongelooflike...
14/05/2026

Nadat ek nou die dag ’n klein stukkie van my storie hier op Facebook gedeel het met die sop-plasing, het ek ongelooflike mooi boodskappe ontvang van persone wat op een of ander manier daarmee kon aanklank vind. 🌿

Dit het my weer laat besef hoeveel van ons deur verskillende seisoene in ons lewens gaan… en hoe betekenisvol dit kan wees wanneer ons net saam om ’n tafel sit, ’n ete deel en in ons saam-wees kan besef ons is nie alleen nie.

Ek het besluit om ’n klein Saterdagoggend-byeenkoms hier in Wonderboom Suid aan te bied 🥧

Ek gaan julle wys hoe ek Pastei en Quiche bak, ons gaan saam ‘n ligte middag-ete geniet, koffie, tee en sap drink… en ek gaan ’n bietjie meer deel van my eie reis en die storie agter Haplief.

Hierdie gaan nie net oor pasteie en quiche maak nie.
Dit gaan oor samesyn met ander vroue, om net ’n bietjie stadiger te leef, iets nuuts te leer en die verskillende seisoene waarin ons onsself bevind saam te vier.

En die beste deel?
Jy hoef regtig nie ’n vriendin saam te bring nie. Kom sommer alleen en kom ontmoet nuwe vriende. 🌿

As jy graag deel wil wees hiervan, stuur gerus vir my ’n WhatsApp-boodskap — ek sal jou baie graag wil ontmoet.

📅 Saterdag, 23 Mei
⏰ 10vm
📍 Wonderboom Suid (presiese adres sal met bespreking bevestiging gedeel word)
💰 R295 per persoon

📲 066 117 3820

Die afgelope paar jaar het my as mens baie geraak en groot veranderinge teweeg gebring...Voor COVID het die lewe vir ons...
12/05/2026

Die afgelope paar jaar het my as mens baie geraak en groot veranderinge teweeg gebring...

Voor COVID het die lewe vir ons gesin baie anders gelyk. Toe verander alles amper oornag, en soos soveel ander mense moes ons op maniere van voor af begin wat ons nooit verwag het nie.

Daardie seisoen het gelei tot Haplief.

Wat begin het as “ons probeer net deurkom”, het stadigaan iets soveel groter geword. Dit het vroeë oggende geword, moëe voete, laat aande, lojale kliënte, boodskappe van ondersteuning, vriendskappe, lesse, geloof, oorlewing… en eerlikwaar soms net om een voet voor die ander te sit.

En ek d**k so baie mense verstaan daardie gevoel.

Partykeer vra die lewe van jou om diep te grawe en dinge te doen wat jy nooit ged**k het jy sou doen nie.
Dalk ‘n "side hustle", ‘n nuwe besigheid, ietsie verkoop uit jou kombuis...
Van voor af begin...
Weer probeer... en weer...
Nuwe vaardighede aanleer...
En om net te doen wat nodig is om aan te hou...

Ek d**k daar is baie meer dapper mense rondom ons as wat ons besef.

Vir ‘n lang tyd het die lewe gegaan oor die vraag:
“Wat het ek nou in my hande?” "Wat het ek waarmee ek ietsie kan doen?"

Vir my was dit kosmaak.
Die vermoë om kos te maak wat warm, troosryk en bekend voel. Regte tuisgemaakte kos...
En op een of ander manier is Haplief daaruit gebore...

Vandag was een van daardie dae wat ek sommer oor dinge besin het en terwyl ek oor alles gesit en d**k het, het ek myself weer voor die yskas en vrieskas gekry met dieselfde vraag:
“Wat hét ek wat ek kan gebruik?”

En vandag was ek lus vir sop... so in my vrieskas was Potjiekos Beesvleis en in die yskas en groenterak was daar groente... wortels, aartappels en uie.

En so het vanaand ‘n warm, hartlike pot sop wat al van vanoggend stadig begin prut in die Prutpot.

Hier is wat ek gedoen het:

Lekker dik Groentesop met beesvleis:

Bestandele:
* Potjiekos Beesvleis
* Droë pak gemengde sopmengsel
* 2-3 Wortels fyn gesny in blokkies
* 2-3 Aartappels opgesny in blokkies
* Uie fyngekap
* Sout en peper na smaak

Gooi alles in 'n pot en bedek met water.
Kook tot gaar.
Amper heel aan die einde meng ek een pakkie Knorr Beesvleis en Uie sop met water en voeg dit by. Kook verder tot lekker dik.

Niks fancy nie.
Niks duur nie.
Net eenvoudige kos, gemaak met dit wat ek gehad het.

En dalk is dit hoekom Haplief vir my nog nooit net oor kos gegaan het nie.
Dit het deel geword van ‘n baie groter storie van veerkragtigheid, herontdekking, geloof en om te leer om te gebruik wat jy het. 🍲

Vandag het ek ’n groot beesvleis pastei vir ’n kliënt gemaak 🥧Ek het ’n bietjie vulsel oorgehad… en toe sommer ’n paar k...
09/05/2026

Vandag het ek ’n groot beesvleis pastei vir ’n kliënt gemaak 🥧

Ek het ’n bietjie vulsel oorgehad… en toe sommer ’n paar klein skilferkors hand pasteitjies vir ons by die huis gemaak 🥟

Sommer vinnig in my kolwyntjiepan.
Hulle was heerlik vars uit die oond — warm, goudbruin en só lekker.

Sal julle graag wil sien hoe ek hulle gemaak het… of dalk die resep wil hê? 😊

Ek weet nie van jou huis nie, maar in ons huis is dit elke skool-oggend ’n stryd om my 6-jarige sy ontbyt te laat eet 🍪🥣...
07/05/2026

Ek weet nie van jou huis nie, maar in ons huis is dit elke skool-oggend ’n stryd om my 6-jarige sy ontbyt te laat eet 🍪🥣

Maandae tot Vrydae is ontbyt nie regtig onderhandelbaar nie — die kinders eet Pronutro, Weetbix of Hawermout Pap. Naweke is ons bietjie rustiger en dan is daar ’n paar ander alternatiewe keuses...

Maar hierdie mamma was net moeg daarvoor om elke oggend te sê: “Eet boetie, ons gaan laat wees…” En dan as ek weer kyk, sit daardie mondjie stil 😅
Dan moet ek weer sê: “Hap Xander, ons gaan laat wees!”

En so gaan dit vir seker 15 minute elke oggend.

Toe besluit ek ek gaan ’n alternatief soek. Ek het begin soek vir ’n lekker beskuit resep… en gister het ek beskuit gebak. Halfpad deur die meng en roer, d**k ek:
“Hoekom maak ek nie sommer ook koekies met dieselfde beskuit deeg nie?”

Want ek weet my klein mannetjie gaan dit sien as ’n groot bederf 🍪

So gister het ek hierdie gebak — beskuit én koekies!
Hulle is regtig heerlik, voedsaam en super maklik om te maak. Dieselfde resep = twee produkte! 'n Wen-wen!

En laat ek net bysê… dit was die eerste keer in my hele lewe wat ek beskuit gebak het 😄

Hier is wat ek gedoen het…

Die basiese Gesondheids Beskuit Resep:
▪️1kg bruismeel
▪️10ml bakpoeier
▪️500ml karringmelk
▪️2 eiers
▪️5ml sout
▪️500g botter of bak-margarien
▪️1½ kop suiker

Die ekstras:
- 5 koppies enige iets wat jy het…
(byvoorbeeld: Hawermout, Sonneblom Sade, Dadels, Rosyne, Muesli, Bran, Nutty Wheat, Amandels, ens.)

Die metode:
▪️Smelt botter/bak-margarien.
▪️Voeg suiker by en roer goed.
▪️Meng al die droë bestandele (insluitend jou 5 koppies ekstras).
▪️Meng die karringmelk met die twee eiers en klits goed (ek het die karringmelk houertjie bietjie uitgespoel met 'n klein bietjie ekstra melk).
▪️Nou gooi ons die gesmelte botter/bak-margarien en die karringmelk-en-eier mengsel by die droë bestandele en meng alles goed deur.

☕️Vir die beskuit, het ek dit vasgedruk in ’n bakpan.
🍪Vir die koekies het ek balletjies gerol en platter gedruk.

Bak teen 180° tot gaar.

Om die beskuit uit te droog, het ek dit vir 7 ure in ’n 70° oond (effens oopgehou met ’n houtlepel) gesit. Laat dit dan sommer afkoel in die oond.

Ek het die koekies sommer vir 30-45 minute teen 70° in my lugbraaier uitgedroog. (Ons was te haastig om vir 7 ure te wag)

My kinders is mal oor die beskuit en die koekies en ontbyt was vanoggend sommer lekker maklik! 🍪🥣 Met 'n lekker koppie tee en twee koekies het ons ons ontbyt binne 6min klaar geëet! 😍

PS. My 5 koppies ekstras se samestelling was soos volg:
▪️1½ k Hawermout
▪️1 k Muesli
▪️1 k Bran
▪️¾ k sonneblom sade
▪️½ k gekapte rou amandels
▪️¼ k gekapte dadels

🌷 Moedersdag – 10 Mei 🌷Ons het nog net ’n beperkte aantal Moedersdag etes beskikbaar.Of dit nou ’n tuisgemaakte ete vir ...
01/05/2026

🌷 Moedersdag – 10 Mei 🌷

Ons het nog net ’n beperkte aantal Moedersdag etes beskikbaar.

Of dit nou ’n tuisgemaakte ete vir een of twee is, of ’n spesiale familie-ete, ons help jou om Moedersdag maklik en besonders te maak.

📍 Optel in Wonderboom Suid
⏰ 10vm – 12:15nm

👉 Bestellings: 0661173820

Dit is nou nie regtig ‘n resep nie, maar ged**k ek wys gou vinnig hoe ek hierdie maklike kosblik worsie broodjies maak…M...
30/04/2026

Dit is nou nie regtig ‘n resep nie, maar ged**k ek wys gou vinnig hoe ek hierdie maklike kosblik worsie broodjies maak…

My kinders raak soms bietjie moeg vir gewone toebroodjies vir skool, maar hierdie alternatief is ‘n treffer by hulle.

Opsioneel…
🧀sit klein bietjie gerasperde kaas ook binne-in by die worsie
🍅smeer dun lagie tamatie- en mostert sous
🧈Smeer botter buite-om

My kinders hou van plein…

Ek het Rainbow se Simply Chicken worsies gebruik, enige worsies werk. Soms as ons orige braaivleis boerewors het, gebruik ek dit...

Metode:
▪️Rol snytjie brood klein bietjie dunner,
▪️Smeer dun lagie tamatie sous of mosterd sousie binne-in
▪️Sit worsie in en rol op,
▪️Sit op 200 grade C in lugbraaier.

Laat afkoel op rakkie

Lekker vir kosblikke!

Vanmiddag was ek so lus vir lekker pasta… maar nie Fatti’s & Moni’s winkel-pasta nie — regte egte tuisgemaakte pasta.En ...
29/04/2026

Vanmiddag was ek so lus vir lekker pasta… maar nie Fatti’s & Moni’s winkel-pasta nie — regte egte tuisgemaakte pasta.

En toe begin ek sommer ’n bietjie dagdroom, want ek sal vreeslik graag eendag Italië wil toer en o.a. gaan leer hoe om pasta te maak in die huis van ’n regte Italiaanse nonna.

Daar is net iets daaraan — die eenvoud, die tradisie, die praktiese ervaring in ’n regte Italiaanse kombuis.

En dit het my laat wonder…

As geld of hulpbronne nie ’n faktor was nie, watter kook- of bakkursus sou jy graag wou doen? Dalk oorsee, of dalk sommer hier op ons eie bodem…

Daar is baie moontlikhede…
dalk hoe om ’n suurdeeg-plantjie te groei om brode te kan bak… hoe om die perfekte lamsboud gaar te maak… hoe om ’n tradisionele Suid-Afrikaanse melktert te bak… en dan is daar die vaardighede… soos hoe om ’n lamsboud te ontbeen, of selfs ’n hoender te ontbeen.

Deel ‘n bietjie? Watter kook- of bakkursus sou jy graag wou doen?
Of watter vaardigheid sou jy graag in die kombuis wou bemeester?

Address

Pretoria

Telephone

+27661173820

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Haplief posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share