21/11/2025
Even here, there is light!!
Isaiah 43:2 AMPC
When you pass through the waters, I will be with you, and through the rivers, they will not overwhelm you. When you walk through the fire, you will not be burned or scorched, nor will the flame kindle upon you.
’n Sonneblom wat in die veld staan — hetsy alleen langs ’n rots, spontaan langs die pad waar voëls dalk die saad laat val het, of tussen honderde ander in ’n landery op ’n boer se plaas — draai altyd sy kop na die son. Dit volg die lig elke dag, totdat die blomtyd verby is en die volgende fase begin.
Ek glo met alles in my dat ons ook so gemaak is: om die lig te soek. Instinktief uit te reik na warmte. Om groei te kies. Uniek op ons eie, waar ons mooi bring in ander se lewens, of as ’n span by die werk waar ons saam die masjien geolie hou. Selfs daar waar die lig min is en die son net ’n herinnering is aan ’n leeftyd wat eens was, maar nou verby is…
Selfs dáár kan lig wees — as ons dit kies. As ons dit toelaat.
Oil on canvass
60 x 60 cm