08/10/2026
CUSTOM PET CHARMS: Jou beste maat, nou ook aan jou handsak! 🐶❤️🐱
Ek het die afgelope ruk heerlik met lugdroë klei, verf en allerhande kleure geëksperimenteer. En een van my gunstelingnuwe skeppings is hierdie oulike troeteldier-charms!
Elke hondjie of katjie word met die hand gemaak en geverf, spesiaal vir jou.
Jy kan kies tussen:
🐾 ’n Charm met jou hondjie of katjie.
🐾 ’n Charm met jou troeteldier én ekstra klein charms.
🐾 Of net ’n los troeteldier-charm wat jy by jou bestaande Nostalgia-charm kan voeg.
En met Kersfees om die draai, dink ek dis nogal ’n oulike geskenk vir iemand wat mal is oor hul viervoetige kinders.
Alles word met liefde en baie geduld met die hand gemaak.
Gaan loer gerus by Kaatjie Produkte!
www.kaatjieprodukte.co.za