24/04/2026
Upholster Me Beautifully
Before and After
TEMA: Duck Shell, Grys en Blou
3 Kombuis Stoele gestoffeer vir haar nuwe kombuis
Terwyl ek met hierdie mooi lap werk en heeltyd wonder hoe gaan ek hierdie projek afhandel, want die hele stoel moet 'n nuwe baadjie kry, hardloop my gedagtes stil-stil. Ek d**k mos in stories.
Die kleure van die lap wissel van duck shell, grys en blou. Die rustigheid van hierdie lap se kleur en patroon vorm tog 'n storie. 'n Storie van stil en sagte herstel, plekke van rus en vrede, van nuwe groei, onsekerheid wat kalmerend word en ook om weer onbewustelik te genees. Net soos wat lap tyd neem om weer gevorm te word, net so neem alles tyd om kringlope te voltooi. Nie ons tyd nie. Seisoene op haar tyd.
Geniet jou nuwe kombuis en jou stoele.
Dit was 'n voorreg gewees!
So ook 'n persoonlike stoffering uitdaging.