05/06/2026
Uit die diepte van ons harte! DANKIE! Dankie aan al ons lojale kliënte wat ons die week ten volle ondersteun het. Ons het Maandag begin op ń nuwe plek, fisies en in ons siele. Ons was net so besig die week soos enige ander week van tevore! Al wat ons kan sê ons hoop die res volg en ons is dankbaar vir elke bestelling wat oor ons pad kom.
Onthou - ons posies is beskikbaar by Spar en Manuelas weekliks, maar soos altyd...as jy iets spesifiek soek, bestel asseblief vroegtydig om teleurstelling te voorkom.